Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bly eerder weg uit SA, maan VSA sy burgers

Regstelling: Op 10 Junie 2021 het Netwerk 24 berig: "Amerika het reeds 41,13% van sy bevolking van 139,75 miljoen volledig ingeënt". Die Amerikaanse bevolking is meer as 332 miljoen mense. Die 41,13% van die bevolking wat reeds volledig ingeënt is, kom dus neer op 139,75 miljoen mense. 


Amerikaners moet weens die koronaviruspandemie en die erge misdaad enige reise na Suid-Afrika heroorweeg.

Die land se departement van buitelandse sake het dié waarskuwing aan sy burgers gerig, al het die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) reise na Suid-Afrika in ’n mate goedgekeur.

Die kennisgewing op die departement se webblad raai voornemende reisigers aan om op hul hoede te wees vir misdaad en onluste.

Die Amerikaanse CDC het Maandag die reisbeperkings op 110 lande aangepas en Suid-Afrika is na vlak 3 geskuif.

Suid-Afrikaanse polisielede keer op 9 Januarie ’n man in Gauteng aan in verband met die aandklokreël wat die regering ingestel het. Foto: Reuters

Die departement sê hoewel Suid-Afrika nou op vlak 3 geplaas is, moet Amerikaanse burgers daarvan kennis neem dat betogings, onluste en stakings gereeld in die land voorkom en dit dikwels gewelddadig raak.

“Gewelddadige misdade soos gewapende roof, verkragting, kapings en rooftogte op straat is baie algemeen in Suid-Afrika,” lui die kennisgewing.

Amerikaners word gewaarsku indien hulle die land regtig wil besoek, moet hulle seker maak dat hulle nie ná donker alleen rondloop nie, hulle moenie informele nedersettings besoek nie, hulle moenie kontant oop en bloot ronddra nie en hulle moet seker maak dat hul motors se vensters toe en die motordeure gesluit is.

’n Polisielid in Muizenberg in Kaapstad keer ’n branderplankryer voor wat in Mei 2020 betoog het omdat branderplankry nie toegelaat is nie. Foto: Reuters

Die CDC dui die Covid-19-situasie in ander lande op vier vlakke aan. Vlak 4 is die hoogste vlak, wat as ’n baie groot risiko beskou word. Vlak 3 dui op “steeds baie gevalle” en vlak 2 en 1 op onderskeidelik “matige” en “min gevalle”.

Die CDC sê Amerikaners moenie onnodig reis na lande wat op vlak 3 is nie. As hulle dit egter steeds wil doen, moet hulle seker maak dat hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is.

“Weens die huidige situasie in Suid-Afrika moet reisigers daarvan bewus wees dat hulle dalk een van die koronavirus-variante kan opdoen en versprei,” sê die CDC.

Bejaardes wag in Mei vanjaar in die Munsieville-tehuis vir bejaardes in Krugersdorp om teen die koronavirus ingeënt te word. Foto: Reuters

Amerika het reeds 41,13% van sy bevolking van 139,75 miljoen volledig ingeënt.

Die Johns Hopkins-Universiteit, wat Covid-19-gevalle en -sterftes wêreldwyd monitor, sê daar is tans 33 391 092 kumulatiewe gevalle in die VSA, terwyl die sterftesyfer 598 326 is.

Dit is die land met die meeste gevalle en sterftes ter wêreld.

Meer oor:  Vsa  |  Misdaad  |  Reise  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.