Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Blyplek vir mense uit Wuhan byna afgehandel

Die proses om geskikte verblyf in die land te kry vir die Suid-Afrikaners wat uit Wuhan terugkeer, is byna afgehandel, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Hy het Saterdag in ’n verklaring ook ’n beroep gedoen op die bestuur van die hotelle, wildreservate en oorde in afgeleë gebiede met wie sy departement skakel, om nie met die media te praat nie.

Die proses is al drie weke lank aan die gang nadat die families van Suid-Afrikaners in Wuhan, die middelpunt van die koronavirus-uitbreking in China se Hubei-provinsie, ’n beroep op die regering gedoen het om hulle terug te bring.

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig dat hulle gehaal gaan word nadat die kabinet daaroor besluit het en “alle omstandighede oorweeg is”.

Daar sal 151 Suid-Afrikaners uit Wuhan gebring word, maar niemand het nog gesê wanneer dit gaan gebeur nie.

Geeneen van die mense het die virus nie en toon volgens Mkhize geen simptome nie, hoewel hulle as voorsorgmaatreël tans in isolasie in Wuhan is. As hulle hier aankom, sal hulle verder in isolasie geplaas word.

Daar word tans wyd gespekuleer oor waar.

“Verskillende fasiliteite is besoek. Sodra ’n besluit daaroor geneem is, sal verdere gesprekke gevoer word met belanghebbendes, onder wie leiers van die gemeenskappe.”

Mkhize het verseker die kwarantynfasiliteit sal baie streng beheer word om te verseker dat mense wat daar naby woon, op geen manier blootgestel word nie. Geen kontak met die mense onder kwarantyn sal ook toegelaat word nie.

Mkhize vra dat die fasiliteite wat genader is, nie met die media moet praat nie, “omdat dit die regering se beplanning en sekerheidsmaatreëls kan benadeel”.

“Die welsyn van al ons mense in die land, asook diegene in Wuhan, is vir ons ’n prioriteit. Ons sal aanhou werk aan strategieë wat daarop gemik is om ons eie (burgers) te beskerm tydens die uitbreking.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Isolasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.