Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bo-Kaapse inwoner positief vir Covid-19 getoets

’n Bejaarde man van die Bo-Kaap is positief getoets vir die koronavirus en is tans in die hospitaal in isolasie terwyl sy gesin in self-isolasie is.

Die Salie-familie sê in ’n verklaring hulle weet nie hoe hul 73-jarige pa, Mogamat Salie, die virus opgedoen het nie. Die gesin het ook ’n beroep gedoen op inwoners wat met hul pa in kontak was om die nodige voorsorgmaatreëls te tref en hulself te isoleer en te laat toets.

Die Salies sê hulle werk nou saam met die departement van gesondheid en die mediese spanne van die hospitaal, en volg hul advies deur hulself te isoleer.

Die familie het die inwoners ingelig oor hul pa se siekte via die Bo-Kaapse gemeenskapreaksiespan teen die koronavirus en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hul privaatheid in hierdie tyd te respekteer en nie met hulle kontak te maak nie.

“Ons deel hierdie inligting, omdat ons meen dit is noodsaaklik om te verseker dat die Bo-Kaap se gemeenskap veilig gehou word en ingelig is oor die virus en sodoende verenig bly. Baie mense kan dalk draers van die koronavirus wees terwyl hulle, soos in die geval van ons pa, nie eens daarvan bewus is nie,” lui die verklaring.

Hulle het ’n beroep gedoen op die inwoners om binnenshuis te bly en seker te maak dat hulle nie ’n risiko vir ander inhou nie.

Die familie het gevra dat mense vir hul pa bid.

Die brief wat die gesin uitgereik het. Foto: Facebook

Meer oor:  Bo-Kaap  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.