Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bobani het Covid-19, aan ventilator gekoppel

Mongameli Bobani, voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai, het Covid-19 opgedoen en is in ’n hospitaal aan ’n ventilator gekoppel.

Bobani is reeds Dinsdag in die Life St. George’s-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem.

Danie Gouws, Bobani se prokureur, is aangestel om namens die familie navrae te hanteer omdat Bobani se vrou, Nosakhele, te emosioneel is om navrae te beantwoord.

Volgens Gouws was Bobani kortasem voordat hy opgeneem is.

Hy is onder verdowing en gekoppel aan ’n ventilator, en sy gesondheid is nie goed nie, sê Gouws.

Toetsuitslae het eers Woensdag bevestig dat Bobani die koronavirus onder lede het.

Gouws het Bobani ’n spoedige herstel toegewens, en sê hy glo sy kliënt sal die siekte oorkom.

Bobani is die burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese van die Nelson Mandelabaai-metro.

Mongameli Bobani Foto: Argief
Meer oor:  Covid-19  |  Mongameli Bobani  |  Nelson Mandelabaai  |  Ventilator
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.