Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bobani nog op ventilator, long verswak

Mongameli Bobani, voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, se een long het verswak nadat hy al ses dae weens Covid-19 in die hospitaal is.

Bobani is sedert verlede Dinsdag in die waakeenheid van die St. George-hospitaal in Port Elizabeth.

Sy prokureur, Danie Gouws, het Maandagoggend gesê sy long het verswak en hy is steeds onder verdowing en aan ’n ventilator gekoppel.

“Sy familie is wel ingelig daar is ’n klein verbetering in sy toestand.”

Volgens Gouws is die familie steeds emosioneel, veral omdat hulle nie met Bobani kan praat of hom in die hospitaal kan onderskraag nie.

Bobani het op 17 Oktober siek begin voel toe hy ’n spesiale raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro in die Veremarksaal bygewoon het.

Hy is ná die vergadering huis toe en het sy vrou, Nosakhele, ingelig dat hy nie lekker voel nie. Hy het veral van ’n hoofpyn gekla en kon die hele naweek nie eet nie.

Hy is die Dinsdag hospitaal toe geneem omdat hy kortasem was en is sedertdien aan die ventilator gekoppel.

Nadat Bobani positief vir die koronavirus getoets is, is alle raadslede van die metro aangeraai om hulle by die stadsaal te laat toets.

Danie Gouws (regs) gesels met Mongameli Bobani tydens ’n hofsaak in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Theo Jephtha/Argief

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Mongameli Bobani  |  Ventilator  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.