Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bobani steeds op ventilator, toestand verswak

Mongameli Bobani, voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, se toestand het verswak en hy is steeds aan ’n ventilator gekoppel nadat hy Covid-19 opgedoen het.

Volgens Danie Gouws, sy prokureur, “gaan dit nie baie goed met hom nie”. Hy is steeds onder verdowing in die waakeenheid van die St. George-hospitaal in Port Elizabeth en aan ’n ventilator gekoppel.

Bobani het verlede Vrydag op ’n raadsvergadering van die munisipaliteit siek begin voel. Hy is ná die vergadering huis toe en het vir sy vrou, Nosakhele, gesê hy voel nie lekker nie. Hy het veral van ’n hoofpyn gekla.

Gouws sê Bobani kon die hele naweek nie eet nie en is Dinsdag in die hospitaal opgeneem omdat hy kortasem was. Hy is Woensdag positief vir die koronavirus getoets en aan die ventilator gekoppel.

“Sy familie is baie emosioneel en erg bekommerd. Sy toestand het verswak en wat dit vererger is dat hulle hom nie kan sien nie. Ons bid dat hy die virus sal oorwin en ten volle sal herstel.”

Gouws beskryf Bobani as ’n vegter en sê sy kliënt sal teen die virus ook veg en seëvier.

Bobani is in Desember verlede jaar deur ’n wantrouemosie van sy amp as burgemeester onthef. Hy het aangebly as raadslid en is die burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, elektrisiteit en ingenieurswese.

Mongameli Bobani

Meer oor:  Ventilator  |  Covid-19-  |  Koronavirus  |  Mongameli Bobani
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.