Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Brackengate is 1 jaar oud, red reeds meer as 3 000

Een jaar later, met meer as 3 000 lewens wat reeds gered is, gaan die Brackengate-hospitaal van hoop in Brackenfell, Kaapstad, volstoom voort in die stryd teen Covid-19.

Die Brackengate-hospitaal van hoop. Foto: Verskaf

Die hospitaal het sy eerste verjaarsdag op Dinsdag gevier met net minder as 80% van sy beddens vol.

Maria Brink, uitvoerende direkteur van die hospitaal, sê toe hulle hul deure op 20 Julie 2020 oopmaak, kon hulle nie voorspel het wat voorgelê het nie.

“Soveel lewens is al verloor en daar is tien teen een nie ’n mens wat vandag kan sê hulle ken niemand wat aan Covid-19 dood is nie.”

In die afgelope jaar is 4 346 pasiënte in die Brackengate-hospitaal van hoop opgeneem, waarvan 3 390 herstel het, 553 oorgeplaas is vir verdere sorg en 423 dood is.

Brackengate self het drie verpleegsters aan Covid-19 afgestaan.

Brink sê gesondheidswerkers “was ware superhelde in hierdie stryd”.

Red Dot-taxi’s wag buite die Brackengate-hospitaal om pasiënte wat herstel het, huis toe te neem. Foto: Verskaf

“Hulle moes aanhou werk, al het hulle gevoel hulle kon nie meer nie. Die lang ure en om so baie tyd weg van jou familie op te offer, is moeilik.

“Maar ek weet elke gesondheidsorgwerker het verseker dat die pasiënte wat deur ons hospitaal kom, met liefde en omgee versorg is.”

Haar personeellede verras haar elke dag met hul “onselfsugtigheid en kameraadskap”.

“Ek sal ewig dankbaar wees dat ek deel kon wees van ’n span soos die een by Brackengate,” sê Brink.

Maandag om 10:00, het die Brackengate-hospitaal van hoop 263 pasiënte gehad, wat 78% van sy volle vermoë is.

Dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, sê Brackengate het ’n kardinale rol gespeel in die Wes-Kaapse regering se strategiese plan om Covid-19-pasiënte te versorg.

“Ons is dankbaar vir die fasiliteit,” sê Mbombo.

Dr. Lizanne en dr. Stefan Kruger Foto: Verskaf
Tanduxolo Mkhetshane was op 22 Julie verlede jaar die eerste pasiënt wat uit die Brackengate-hospitaal van hoop ontslaan is. Foto: Verskaf

“En ek moedig alle inwoners aan om steeds die Covid-19-regulasies getrou na te kom.”

Die egpaar dr. Lizanne en dr. Stefan Kruger werk albei by Brackengate. Hulle sê dis nooit maklik om ’n pasiënt te verloor nie.

Hulle sal nooit die woorde van een van hul pasiënte vergeet nie: “Vir die grootste deel van my lewe het ek dit nooit opgelet nie, maar ek sal nooit asemhaling weer as net vanselfsprekend aanvaar nie.”

Meer oor:  Maria Brink  |  Kaapstad  |  Brackengate-Hospitaal  |  Red Lewens  |  Covid-19  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.