Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
'Bring ons mense terug' uit Wuhan - Cyril

“Bring ons jong mense veilig terug.”

Dit was Dinsdagaand pres. Cyril Ramaphosa se boodskap aan die personeel wat 122 Suid-Afrikaners in Wuhan, China, gaan haal.

Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand self die geriewe by die O.R. Tambo-lughawe geïnspekteer.

Die president het daarna sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die Suid-Afrikaanse span wat na China sal reis. Die span bestaan uit weermaglede, sowel as 15 amptenare van die departement van gesondheid.

Ramaphosa het beklemtoon dat die span nie siek mense in China gaan haal nie, maar wel gesonde Suid-Afrikaanse burgers wat wil terugkeer.

Ramaphosa, wat kort vooraf ingestem het om die span te gaan groet voor hul vertrek, sê die regering het 'n inklusiewe benadering wat die bekamping van die koronavirus (Covid-19) betref en Mkhize en ander gaan slapelose nagte hê totdat die vliegtuig veilig terugkeer.

Ramaphosa het benadruk dat niemand wat siek is terug na Suid-Afrika gebring gaan word nie en dat Covid-19 nie sal versprei by die geriewe waar die Suid-Afrikaners van Wuhan af in kwarantyn gehou sal word nie. Passasiers wat in die land aankom het gesê hulle is beïndruk deur die streng beheermaatreëls by die lughawens en Ramaphosa sê hy is ook beïndruk ná die inspeksie en is oortuig dat die departement van gesondheid gereed is om die virus te hanteer.

Meer oor:  China  |  Wuhan  |  Suid-Afrikaners  |  Covid-19-Virus  |  Beskerming  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.