Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Britte aan front in virusstryd besmet
Dr. Chris Whitty, Brittanje se mediese hoof, en Matt Hancock, die minister van gesondheid.Foto: Reuters

Die aanvoerders van Brittanje se stryd teen die nuwe koronavirus het self die siekte opgedoen.

Ure nadat die premier, Boris Johnson, Vrydag aangekondig het hy is positief vir die virus getoets, het Matt Hancock, sy minister van gesondheid, ook bekend gemaak hy het die virus onder lede.

En nou het dr. Chris Whitty, die land se mediese hoof, bekend gemaak hy het Covid-19-simptome en is daarvoor getoets.

Daar is geen manier om te bepaal hoe hulle aangesteek het nie, maar die drie het die afgelope tien dae meer as een keer van aangesig tot aangesig bymekaar gekom om oor Brittanje se reaksie op die siekte te beraadslaag.

Hulle het byvoorbeeld verlede Dinsdag langs mekaar gesit toe ander kabinetslede met ’n videoskakel aan ’n vergadering deelgeneem het.

Whitty was ook langs Johnson op drie van die 11 nuuskonferensies wat hy sedert 16 Maart oor die siekte gehou het.

Die Britse premier is die eerste wêreldleier wat bekend gemaak het hy het Covid-19.

Die Britse premier is die eerste wêreldleier wat bekend gemaak het hy het Covid-19.

Justin Trudeau, die Kanadese premier, se vrou het die virus onder lede, maar hy het dit nie self opgedoen nie. Hy het wel vroeër in selfisolasie gegaan.

Intussen het Whitty se adjunk, dr. Jenny Harries, gesê die inperkingsmaatreëls in Brittanje kan dalk nog maande van krag bly en sal moontlik net geleidelik opgehef word. Byna 20 000 Britte het die virus onder lede en 1 228 het reeds aan Covid-19 gesterf.

Harries het gesê die virus se verspreiding is ’n “bewegende teiken”.

“Dit is nie te sê dat ons vir ses maande in ’n algehele staat van inperking sal bly nie, maar dit beteken wel dat ons as nasie werklik, wérklik verantwoordelik moet wees. Ons moet aanhou doen wat ons tans doen totdat ons seker is dat ons die ingrypings stelselmatig kan begin verlig.”

Johnson het intussen in ’n ope brief aan Britte geskryf hulle moet asseblief hou by die streng maatreëls wat tans geld anders sal die openbare gesondheidstelsel beslis oorweldig word. “Ons weet dinge sal eers nog slegter gaan voordat dit beter gaan,” het hy geskryf. – Reuters

Meer oor:  Korona  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.