Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Busbestuurder van Go George toets positief

’n Busbestuurder van die Go George-busdiens is positief vir Covid-19 getoets.

Die busdiens het dit Woensdagaand op sy Facebook-blad bekend gemaak.

James Robb, bestuurder van Go George, sê die busbestuurder se laaste skof was Saterdag. Toe hy vir diens aangemeld het, het hy nie enige simptome getoon in ’n standaardsiftingsproses nie. Hy het die Sondag nie lekker gevoel nie en het vir ’n mediese ondersoek en ’n toets gegaan. Die positiewe uitslag van die toets is Dinsdagaand ontvang.

’n Bus van die Go George-busdiens.

Die vereiste protokol van die departement van gesondheid en arbeid is gevolg. Die bestuurder is in isolasie. Die departement van gesondheid is besig met die opsporing van mense wat in noue kontak met die busbestuurder was.

Volgens Robb het dit nie ’n impak op die huidige vlak van dienste aan passasiers nie.

John Heathcote, besturende direkteur van George Link, Go George se voertuigbedryfsmaatskappy, sê standaard Covid-praktyk by die busdepot sluit daaglikse ontsmetting van die fasiliteite in. Busse word voor en ná elke rit ontsmet.

Volgens hom het die busbestuurder ten volle aan veiligheidsmaatreëls voldoen, ’n masker gedra en sy hande voor en na elke rit ontsmet. George Link en Go George is in kontak met die departement van gesondheid en help waar moontlik met opsporings.

Ingevolge veiligheidsmaatreëls is bestuurders verplig om altyd maskers te dra wanneer hulle werk. Hulle ontsmet hul hande met elke stop sodra al die passasiers in die bus is en klaar betaal het.

By die busdepot mag personeellede nie saam in gemeenskaplike gebiede soos kombuise kom nie.

Vir goeie ventilasie word alle vensters oopgemaak wanneer die busse die depot verlaat en die weerstoestande dit toelaat. Passasiers word versoek om nie die vensters toe te maak nie.

Robb het ’n beroep op passasiers gedoen om verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid en veiligheid te neem. Dit bly die veiligste om alternatiewe reëlings te tref en nie openbare vervoer te gebruik nie. Passasiers moet ook eerder die Go George-slimkaart gebruik om kontak verder te beperk en die verspreiding van die virus te bekamp, sê hy.

Meer oor:  Go George  |  Busbestuurder  |  George  |  Positief Vir Koronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.