Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Byna 2 000 Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap het tot 1 935 toegeneem, met 38 sterftes wat al aangemeld is.

Alan Winde, premier, het Woensdag in ’n verklaring gesê 84 pasiënte word vir Covid-19 in die hospitaal behandel, waarvan 26 in waakeenhede is. 624 mense het van die virus herstel en 30 803 toetse is gedoen.

Nog drie sterftes is aangemeld – twee mans van onderskeidelik 78 en 67 jaar oud en ’n 79-jarige vrou. Al drie het onderliggende siektetoestande gehad.

Die bevestigde Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap per distrik. Foto: Wes-Kaapse regering

Byna 200 000 mense is in die siftingsprosesse in gemeenskappe in die Wes-Kaap nagegaan en meer as 7 000 mense is hier getoets.

Die provinsiale kabinet het Woensdag ’n voorlegging oor die reaksie op die Covid-19-infeksies in die Witzenberg-gebied ontvang.

Dit het ’n oorsig oor die siftingsprosesse en toetsing tot op hede ingesluit en die wyses waarop ondernemings en die landbousektor in die gebied betrek word, sowel as ingrypings in die vervoersektor.

Winde sê die departemente van landbou en van gesondheid werk saam met die bedrywe om riglyne vir sifting en toetsing op plase te ontwikkel en het reeds advies gegee oor die protokol vir die vervoer van landbouwerkers.

Meer as 35 000 maskers is ook aan plaaswerkers in Witzenberg uitgedeel met die bystand van Agri Wes-Kaap en die African Farmers’ Association of South Africa, luidens die verklaring.

Die bevestigde Covid-19-gevalle in die Kaapstadse metropool word in die volgende subdistrikte en gebiede verdeel:

  • Westelik – 408;
  • Suidelik – 212;
  • Noordelik – 96;
  • Tygerberg – 224;
  • Oostelik – 195;
  • Klipfontein – 145;
  • Mitchells Plain – 148; en
  • Khayelitsha – 232.

Die gevalle buite Kaapstad word in die volgende distrikte uiteengesit:

  • Tuinroete – Bitou 5, Knysna 15, George 14, Hessequa 5, Mosselbaai 19 en Oudtshoorn 3;
  • Kaapse Wynlande – Stellenbosch 19, Drakenstein 14, Breedevallei 24, Langeberg 3 en Witzenberg 102;
  • Overberg – Overstrand 11 en Theewaterskloof 1;
  • Weskus – Bergrivier 2, Saldanhabaai 3 en Swartland 6.

Daar is ook 29 gevalle waarvan die gebied nog nie aangedui word nie.

Meer oor:  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Gevalle  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.