Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Cele wil weet hoekom premier nie masker dra
Verskeie foto's is gedeel waar Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, Sondag sonder haar masker gesien is. Foto: Twitter/Tumi Sole

Bheki Cele, minister van polisie, het vir ’n ondersoek na Refilwe Mtsweni-Tsipane, die premier van Mpumalanga, se gedrag gevra nadat sy sonder ’n masker by Jackson Mthembu, ontslape minister in die presidensie, se begrafnis gesien is.

Mthembu is Sondag in Emalahleni ter ruste gelê nadat hy Donderdag aan Covid-19 dood is.

Sy begrafnisverrigtinge is op televisie uitgesaai. Videogrepe waar Mtsweni-Tsipane sonder haar masker gesien kan word, is op verskeie sosialemediaplatforms onder Cele se aandag gebring.

Hy sê in ’n verklaring hy is bekommerd oor dié gedrag omdat die dra van maskers in openbare plekke “ononderhandelbaar” is.

“As Suid-Afrika hierdie onsigbare vyand genaamd Covid-19 wil oorwin, kan ons nie op ons louere rus nie. Daarom het ek Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gevra om na die kwessie van die premier te kyk. ’n Ondersoek moet gedoen word en die nodige stappe moet gedoen word,” sê Cele.

Hy het Suid-Afrikaners herinner dat dit ’n oortreding is om ’n regsbeampte se verbale instruksie om ’n masker te dra te ignoreer, en dat mense wat hul hieraan skuldig maak ’n boete of tronkstraf opgelê kan word.

Die premier se kantoor het Sondag in ’n verklaring om verskoning gevra vir die “kort tydperk” waarin Mtsweni-Tsipane nie haar masker gedra het nie.

“Met haar aankoms by die begraafplaas, toe sy uit haar voertuig geklim het, is die premier se masker beskadig en sy was onbewus daarvan dat dit afgeval het. Die premier het gedink die masker is presies soos wat dit tydens die duur van die verrigtinge was,” lui die verklaring.

Daar is ’n vir 'n ander masker vir Mtsweni-Tsipane gesoek wat sy vir die res van die verrigtinge gedra het.

“Die premier beklemtoon die belangrikheid om die Covid-19-regulasies na te kom en moedig die mense van Mpumalanga aan om hul maskers te dra, ’n gesonde afstand te handhaaf en hul hande gereeld te was of te ontsmet.”


Meer oor:  Refilwe Mtsweni-Tsipane  |  Bheki Cele  |  Covid 19  |  Masker  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.