Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Chemiese verbinding kan kankerselle dalk stuit

’n Suid-Afrikaanse kundige en haar span het ’n chemiese verbinding geïdentifiseer wat borskankerselle in hul spore stuit.

Prof. Annie Joubert, hoof van die departement fisiologie aan die Universiteit van Pretoria, sê hulle het gesoek na ’n verbinding wat nie soos chemo- en radioterapie ook gesonde selle doodmaak nie.

Prof. Annie Joubert Foto: UP

Daar is eers na moontlikhede gesoek op die rekenaar en uiteindelik is 90 chemiese verbindings geïdentifiseer. Hulle het besluit op een, afkomstig van estrogeen, genaamd 17 beta-estradiol.

Joubert sê hulle het daarna ’n farmaseutiese maatskappy gevra om die chemiese verbinding te sintetiseer sodat hulle dit op sellyne, onder meer op ’n kontrole en op bors-, serviks- en esofaguskanker kon toets.

Die chemiese verbinding stop die groei van kanker en die vorming van nuwe bloedtoevoer sonder om die gesonde selle te benadeel.

Wanneer die verbinding bygevoeg word, kan die selle nie verdeel nie (mitose) en die DNS van die sel raak gefragmenteer en die sel sterf (apoptose).

Joubert verduidelik dat dit die ideale manier is om kankerselle dood te maak eerder as wanneer selle weens inflammasie doodgaan.

Reeds ná twee uur het die selle stres getoon en 24 uur later het die morfologie van die selle begin verander. Die gedagte is ook ’n laer dosis, en minder gereeld.

Sy sê daar is pas begin met die dierestudie, wat die volgende stap is, voordat kliniese toetse op mense moontlik in die toekoms gedoen kan word.

“Ek is versigtig om verder uitspraak te gee, maar daar is potensiaal,” sê sy.

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.