Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Chinese miljardêr wil Afrika só help met virus

Die Chinese miljardêr en medestigter van die e-handelsreus Alibaba, het gesê hy sal antivirus-maskers, toetsstelle en beskermende klere aan alle Afrika-lande skenk om die vasteland te help om Covid-19 te beveg.

Argieffoto van Jack Ma. Foto: Reuters

Jack Ma se stigting sal 1,1 miljoen toetsstelle, 6 miljoen maskers en 60 000 beskermende pakke en gesigskerms skenk. Hulle sal ook help om mense op te lei oor hoe om mense wat besmet is met die koronavirus, klinies te behandel.

“Die wêreld kan nie die ondenkbare gevolge van ’n Covid-19-pandemie in Afrika bekostig nie,” het Ma Maandag getwiet.

Afrika het tot dusver meer as 300 gevalle bevestig, met 110 in Egipte alleen.

Die skenkings sal afgelewer word in Addis Abeba in Ethiopië, waar die premier, Abiy Ahmed, sal toesien dat dit na al 54 Afrikalande versprei word, sê Ma.

Die miljardêr het ook reeds Vrydag belowe hy sal 500 000 toetsstelle en ’n miljoen maskers aan Amerika gee. Hy het ook planne om van die toerusting aan Europa en Iran te skenk.

“Dit is nou asof ons almal saam lewe in ’n bos wat aan die brand is. As lede van die internasionale gemeenskap sal dit onverantwoordelik wees om nou feite te ignoreer, op die draad te sit en nie op te tree nie. Ons moet nou tot aksie oorgaan.”

Covid-19 is reeds in 30 Afrikalande geïdentifiseer nadat Tanzanië, Liberië, Benin en Somalië ook hul eerste gevalle aangemeld het.

Afrika was tot dusver nog die ergste gespaar, maar kenners is bekommerd dat die vasteland se dikwels afgetakelde gesondheidsdienste gaan sukkel wanneer die krisis toeneem.

Die Wêreldbank het Maandag $60 000 aan Kenia geskenk om die virus daar te beveg.

As lede van die internasionale gemeenskap sal dit onverantwoordelik wees om nou feite te ignoreer, op die draad te sit en nie op te tree nie.

Somalië het een positiewe geval gevind en internasionale vlugte vir twee weke opgeskort.

Rwanda, Burkina Faso, Ethiopië, Senegal en Kameroen het ook almal gevalle van die virus geïdentifiseer.

Tito Mboweni, Suid-Afrika se minister van finansies, het gesê 62 gevalle is positief getoets en dat die land moontlik geld van ander departemente sal moet neem om die pandemie te bestry.

Tunisië, Botswana, die Ivoorkus, die Republiek van die Kongo, Gaboen en Nigerië beplan ook reeds maatreëls om hul grense en bevolking teen die virus te beskerm.

In Kenia het die regering ’n kliniek gesluit wat glo vals toetsstelle vir Covid-19 verkoop het. – Reuters, CNN


Meer oor:  Jack Ma  |  Afrika  |  China  |  Covid-19  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.