Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Chirurg ondersoek ná dood van kind

’n Pediatriese chirurg wat by die Netcare Park Lane-kliniek in Johannesburg praktiseer, is geskors ná die dood van ’n jong seun op Vrydag 11 Oktober. Dit is die tweede kind wat vanjaar onder sy mes sterf.

Dr. Anchen Laubscher, Netcare se groep- mediese direkteur, sê dr. Peter Beale is geskors hangende ’n interne ondersoek na die omstandighede rondom die dood van die seun.

News24 het voorheen berig dat ’n ander kind vroeër vanjaar dood is ná ’n roetine-operasie wat ook deur Beale uitgevoer is.

Oor sy skorsing het Laubscher gesê: “ ’n Gelyksoortige hersiening van alle relevante inligting wat met die voorval verband hou is begin en ’n komitee sal sankies wat as toepaslik beskou word toepas, wat gegrond sal word op kliniese en etiese riglyne.

“Wanneer die proses voltooi is, sal bepaal kan word of ’n verslag oor die voorval aan die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe gestuur sal word,” het Laubscher aan News24 gesê.

’n Narkotiseur, dr. Abdulhay Munshi, is ook saam met Beale geskors.

Na verneem word het die kind se familie met strafregtelike optrede begin.

Lisa Strydom het ook haar dogter, Alissa, ná ’n operasie deur die dokter verloor.

Wat veronderstel was om roetine-chirurgie te wees, het in die Strydoms se grootste nagmerrie verander.

“Hy het aan my vertel dat hy ’n aar raakgesny het en dat Alissa ’n klomp bloed verloor het. Hy het gesê hy het ’n naald laat val, maar het dit reggekry om die bloed te stop en die naald op te tel. Hy het gesê dat sy stabiel is en besig is om te herstel en ons het net gewag vir haar om weer wakker te word,” het Strydom in Junie aan News24 gesê.

Alissa het egter nooit weer wakker geword nie.

Toe sy destyds gevra is of die hospitaal enige stappe teen Beale gaan doen, het Laubscher gesê Beale was ’n onafhanklike spesialis en dat hy deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe bestuur word wat sy eie ondersoek teen die dokter begin het.

Meer oor:  Johannesburg  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.