Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: 17%-toename in gevalle

Daar was week op week ’n toename van 17% in koronavirusgevalle landwyd.

Die departement van gesondheid het in ’n breedvoerige verklaring wat Woensdag uitgereik is en waarin talle ontledings uiteengesit word, bevestig die gemiddelde getal daaglikse koronavirussyfers het verlede week die 3 000-kerf oorgesteek.

Dit is die eerste keer sedert vroeg in Februarie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het verder gesê daar is ’n toename in aktiewe gevalle en hospitalisering in al nege provinsies.

Daar is tans 41 005 aktiewe gevalle landwyd. Die Noord-Kaap het tans die meeste aktiewe gevalle van 622 per 100 000 van die bevolking.

Netwerk24 se ontleding van die inligting wat daagliks deur die departement uitgereik word, toon die gemiddelde daaglikse gevalle het as volg toegeneem:

12 tot 18 April: 1 187

19 tot 25 April: 1 243

26 April tot 2 Mei: 1 227

3 tot 9 Mei: 1 790

10 tot 16 Mei: 2 447

17 tot 23 Mei: 3 108

Covid-toets, mamelodi
'n Man word op 20 Januarie vir die koronavirus getoets by 'n mobiele kliniek by die Denlyn Mall-taxistaanplek in Mamelodi. Foto: Gallo Images

Die departement van gesondheid het verlede week aan Netwerk24 gesê die land is “tegnies nog nie in ’n derde vlaag nie” omdat die positiwiteitskoers steeds minder as 10% is.

Die positiwiteitskoers verwys na die persentasie positiewe gevalle van mense wat getoets word.

Die gesondheidsdepartement het toe gesê die positiwiteitskoers wissel tussen 7% en 9%. Mkhize het nie die jongste positiwiteitskoers bekend gemaak nie, behalwe om te sê dit het in die afgelope sewe dae gestyg.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Gevalle  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.