Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: 2 van ‘virusskip’ sterf

Twee passasiers van die sogenaamde koronavirusskip is Donderdag dood.

’n Bron in die Japannese regering het aan die staatsuitsaaier gesê die twee passasiers wat dood is, is ’n man en vrou van in hul 80’s.

Hulle is reeds verlede week van die skip verwyder en in hospitale behandel, berig die BBC. Hulle het ook onderliggende ongesteldhede gehad.

Die Diamond Princess-plesierskip lê al sedert 3 Februarie in die Jokohama-hawe naby Tokio in Japan geanker met al die mense aan boord geïsoleer, nadat een van die passasiers positief vir die Covid-19-koronavirus getoets het.

Talle van die gesonde passasiers op die Diamond Princess-plesierskip wat in die Jokohama-hawe geanker lê, is Woensdag toegelaat om die skip te verlaat. Nog minstens 500 passasiers wat nie simptome toon nie en negatief vir die virus toets, sal Donderdag toegelaat word om af te klim. Diegene wat ’n kamer met mense gedeel het wat positief vir die virus getoets het, bly egter steeds in isolasie.

Van die 3 700 mense aan boord, het 624 passasiers tot dusver op die plesierboot die virus opgedoen. Die departement van gesondheid het nie bevestig hoeveel mense aan boord moet bly of wanneer al die passasiers uiteindelik die skip sal verlaat nie.

China het intussen aangekondig dat minder mense die virus deur die loop van Woensdag opgedoen het as vorige dae. Die gesondheidskommissie in China sê daar is 349 nuwe gevalle van Covid-19 in die Hubei-provinsie aangemeld waar die virus uitgebreek het. Dié getal is die laagste sedert 25 Januarie.

Die dodetal in China is nou meer as 2 100 nadat dit deur die loop van Woensdag met 108 gestyg het.

Die getal mense wat die virus opgedoen het, staan wêreldwyd op 75 674, terwyl minstens 2 126 mense aan die virus dood is. Reuters

Werkers dra klere om hulle teen Covid-19 te beskerm, terwyl hulle naby die plesierskip staan. Foto: Reuters



Meer oor:  Japan  |  Diamond Princess  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.