Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Dís die reëls in Suid-Kaapse kusdorpe die vakansie

Streng maatreëls om die verspreiding van die koronavirus tydens die feestyd te bekamp, is deur Hessequa se munisipaliteit vir openbare geriewe soos swembaddens, strande, dagkampe, speelparke en kusgebiede ingestel.

Die Hessequa-gebied het vanjaar ses Blouvlagstrande, naamlik by Gouritsmond, Lappiesbaai, Stilbaai-Wes, Preekstoel, Jongensfontein en Witsand.

Die Blouvlag-seisoen duur van 15 Desember tot 24 Januarie. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Hessequa volle Blouvlag-status verwerf vir al ses sy strande, luidens ’n verklaring.

Verskillende kontrakteurs is aangestel om te verseker dat die strande en openbare geriewe aan die standaarde voldoen. Dit sluit die skoonmaak van strande en veiligheid in. ’n Onafhanklike maatskappy is aangestel om gereeld watermonsters vir bakteriologiese toetse te neem.

Die mond van die Breederivier by Witsand aan die Kaapse Suidkus. Foto: Ilse Schoombee

Volgens die munisipaliteit sal ’n maksimum van 60 besoekers (50% van die kapasiteit) elk by die De Mist- swembad in Riversdal en die Heidelberg-swembad toegelaat word.

Regulasies soos die ontsmetting van hande, dra van maskers indien daar nie geswem word nie en die handhaaf van sosiale distansiëring moet nagekom word.

Besoekers moet aangeteken word in ’n register, wat die meet van koors insluit.

Die toegelate ure vir die gebruik van dagkampe word daagliks van 08:00 tot 19:00 beperk. Besoekers moet ook hier die nodige maatreëls nakom.

Stilbaai se hawe Foto: Verskaf

Alle speelparke sluit om 17:00.

Langs die kusgebiede, veral by Gouritsmond en Stilbaai, word chemiese toilette jaarliks uitgeplaas vir besoekers wat piekniek hou. Piekniekplekke word beperk tot 19:00 omdat mense soms onwettig daar oornag.

Die ablusiegeriewe op die strande sal daagliks ontsmet word.

Volgens die munisipaliteit sal ’n skrywe aan al die bevelvoerders van polisiekantore in die streek gerig word waarin die Covid-19-maatreëls uiteengesit word vir afdwinging.

Meer oor:  Witsand  |  Hessequa  |  Stilbaai  |  Koronavirus  |  Covid-19  |  Vakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.