Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 eis 1ste Franse burger

’n 60-jarige man is die eerste Franse burger wat aan Covid-19 dood is.

Volgens Jérôme Salomon, direkteur van die plaaslike gesondheidsdepartement, is die man Woensdagoggend in die Pitié-Salpêtrière-hospitaal in Parys dood.

’n 80-jarige Chinese toeris het op Valentynsdag ook in die Franse hoofstad aan die virus gesterf.

Intussen is nog gevalle van die siekte in die land aangemeld. Die jongstes is ’n 55-jarige man in Amiens, ’n 36-jarige man in Straatsburg, asook ’n jong Chinese vrou en ’n Fransman wat in Auvergne-Rhône-Alpes behandel word.

Altesaam 17 mense in Frankryk het positief vir die virus getoets.CNN, The Local en France24


Meer oor:  Frankryk  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.