Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Bykans 1 000 mense in Wes-Kaap in kwarantyn

Daar is tans bykans 1 000 mense in die Wes-Kaap in kwarantyn, het Alan Winde, die provinsie se premier, Woensdag gesê.

Die Wes-Kaap het 41 kwarantyn- en isolasiefasiliteite. Dit bestaan uit beide openbare en privaat fasiliteite wat 948 mense kan huisves.

Daar is ook nog 65 sterftes die afgelope 24 uur in die Wes-Kaap aangemeld. Dit bring die getal Covid-19-verwante sterftes in die provinsie op 1 565 te staan.

Winde het gesê daar is egter mense wat in kwarantyn moes gaan en geweier het nadat hulle in kontak was met mense wat die koronavirus onder lede het.

“Die redes wissel – van bekommernis oor familielede en kinders wat agtergelaat word, vrese dat by huise ingebreek sal word en boumateriaal gesteel word, tot die feit dat hulle nie alkohol mag gebruik, sal kan rook of besoekers kan kry nie.”

Hy het gesê dat hulle nou saam met gemeenskapsorganisasies en godsdienstige leiers in gebiede werk waar daar ’n groot getal mense is wat weier om na kwarantyn- en isolasiesfasiliteite te gaan.

Mense word ook na die fasiliteite vervoer in ’n vloot van 100 minibustaxi’s wat gesteriliseer is.

Winde het gesê die provinsie se ekonomiese ontwikkelingsvennootskap is opdrag gegee om in samewerking met die Kaapstad-metroraad te help om die verspreiding van kos aan behoeftige mense reg oor die samelewing te koördineer.

covid-19, 24 junie
Meer oor:  Alan Winde  |  Koronavirus  |  Wes-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.