Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 eis helfte van vrou se gesin

Sedert haar verloofde, ma en stiefpa almal binne 17 dae aan Covid-19 dood is, voel haar lewe soos ’n swart-en-wit fliek.

Laurisha Beepath se verloofde, Ritesh Dookie, is die eerste van drie van haar geliefdes wat aan Covid-19 dood is.

“Ek wil my kleur terughê,” sê Laurisha Beepath (30) van Pietermaritzburg. “Ek word elke dag met so ’n sinkende gevoel en pyn op die krop van my maag wakker. Ek kan dit nie hanteer nie.”

Beepath, ’n aankoper vir die gesondheids-en-skoonheidskleinhandelgroep Focus, sê sy het haar grootste ondersteuners verloor.

Ritesh Dookie (32), met wie sy sewe jaar in ’n verhouding was, het op 2 Julie sleg begin voel. “Sy hoes het vreemd geklink en hy kon nie asemhaal nie.” Hulle het hom na die Northdale-hospitaal toe geneem, waar hy twee dae later dood is.

“Ons het beplan om vanjaar te trou, maar het dit weens die virus uitgestel tot volgende jaar. Ek en Ritesh het vier uur voor sy dood nog met mekaar gepraat. Ons laaste woorde was dat ons lief is vir mekaar.”

Beepath se hart was stukkend, maar haar ma, Sonitha Beepath (51), en stiefpa, Parnesh Sewparsad (53), was daar om haar te ondersteun. In ’n boodskap op Facebook het sy mense bedank dat hulle haar en haar ouers in die moeilike tyd bystaan.

Sonitha Beepath is op 21 Julie aan Covid-19 dood, ’n week ná haar man, Par-nesh Sewparsad.Foto’s: Facebook

“My ma het Ritesh liefgehad soos haar eie kind en sy dood het haar ook ontstel.”

Toe word haar ma en stiefpa ook siek. Tien dae ná Dookie (op 14 Julie) is haar stiefpa dood en ’n week later het die virus ook haar ma se lewe geëis. “Ek het die helfte van my gesin binne drie weke verloor. Ek het niemand om heen te draai nie.”

Beepath is die dag van Dookie se dood positief getoets vir die virus, maar het nooit simptome gehad nie. Sy sê met sy dood het sy die beste ding in haar lewe verloor.

Haar ma en stiefpa se toetsuitslae het eers gekom nadat hulle gesterf het, maar hulle is behandel asof hulle Covid-19 onder lede gehad het.

Beepath sê sy het nooit gedink die virus sou haar gesin so wreed tref nie. “Ons het dit ernstig opgeneem en die protokol gevolg.” Waar hulle dit opgedoen het, weet sy nie. Sy sê haar enigste troos is dat haar geliefdes “saam is aan die ander kant”.

Meer oor:  Ritesh Dookie  |  Laurisha Beepath  |  Sonitha Beepath  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.