Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 eis munisipale amptenaar van Oudtshoorn

’n Munisipale amptenaar van Oudtshoorn is dood aan Covid-19. Pumzo Tofile (55) was die munisipaliteit se bestuurder van regsdienste.

Pumzo Tofile Foto: Verskaf

Volgens die munisipaliteit is Tofile op 27 Junie in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Kaapstad dood.

Hy het in 2012 by die munisipaliteit begin werk as die hoof van regs- en kontrakte-dienste.

Tofile het in Kaapstad gewoon, maar in Oudtshoorn gewerk. Volgens die munisipaliteit is hy die eerste amptenaar van dié munisipaliteit wat aan Covid-19 dood is.

Noluthando Mwati, Oudtshoorn se waarnemende burgemeester, sê in ’n verklaring sy het Tofile die eerste keer in 2016 ontmoet. Hy was toegewyd, vriendelik en kon druk maklik hanteer ondanks sy veeleisende pos as regsadviseur van die munisipaliteit.

Reginald Smit, waarnemende munisipale bestuurder wat ook die direkteur van korporatiewe dienste is aan wie Tofile gerapporteer het, sê hy sal gemis word as kollega en ’n vriend.”

Smit sê Tofile het in Kaapstad siek geword toe hy in die vlak 4-inperking huis toe is.

“Ek het ’n paar keer met hom gepraat in die tyd wat hy siek was. My laaste gesprek was die Saterdag toe hy in die Vincent Palotti-hospitaal opgeneem is. Die laaste paar dae het ek met sy vrou gepraat. Ons het so gehoop en gebid vir sy herstel.”

Boodskappe van medelye is op die munisipale WhatsApp-groep en ander sosialemediaplatforms geplaas.

Ek het ’n paar keer met hom gepraat in die tyd wat hy siek was.

Tofile se dood word nie by Oudtshoorn se Covid-19-statistieke gereken nie, omdat hy ten tyde van sy dood in Kaapstad gewoon het. Dit beteken ook daar is geen regstreekse impak op die veiligheid van sy werkplek of die plek waar hy in Oudtshoorn gewoon het nie.

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Die munisipaliteit gaan ’n erewag reël wanneer Tofile se oorskot van Kaapstad via die Tuinroete na sy tuisdorp, Ezigodlo, Middledrift in die Oos-Kaap gebring word. Die erewag sal voldoen aan Covid-19-regulasies.

Tofile word oorleef deur sy vrou, Gcotyiswa, en twee kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.