Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 eis munisipale bestuurder in Vrystaat

’n Munisipale bestuurder van die Vrystaat het Sondag in Bethlehem aan Covid-19 gesterf.

Mamsie Tsoene, uitvoerende burgemeester van die Mantsopa-munisipaliteit (Excelsior, Ladybrand, Hobhouse en Tweespruit), het Maandag gesê die 55-jarige Thamae Masejane was sedert 12 April in die Hoogland-Mediclinic op die dorp.

Sy dood kom te midde van kommer oor die stygende Covid-19-syfers in die Vrystaat.

Thamae Masejane wat aan Covid-19 dood is. Foto: Facebook

Die aktiewe gevalle in die provinsie was teen Sondagaand 3 514, terwyl 3 880 mense in die Vrystaat reeds aan Covid-19 dood is.

Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê dit is die eerste munisipale bestuurder in die provinsie wat aan Covid-19 dood is.

Lucky Phoko, burgemeester van Kroonstad, is vroeër dood, terwyl nog sewe raadslede van verskillende Vrystaatse munisipaliteite ook aan Covid-19 gesterf het.

Volgens Tsoene is Masejane in Bethlehem gebore en hy het daar grootgeword. Sy familie woon steeds daar.

Sy het met Netwerk24 gepraat terwyl sy Masejane se familie besoek het.

Die familie het haar versoek om namens hulle te praat, het sy gesê.

Masejane was ongetroud, maar het wel kinders en susters wat in Bethlehem woon.

Hy is in Augustus 2017 vir ’n tydperk van vyf jaar as die munisipale bestuurder aangestel.

Masejane was ook voorheen direkteur: korporatiewe dienste van die Vrystaatse Setsoto-munisipaliteit (Ficksburg, Senekal, Marquard en Clocolan).

Volgens Tsoene sal die begrafnisreëlings bekend gemaak word nadat die munisipaliteit met die familie vergader het.

Tania Halse, DA-raadslid, het ook die party se medelye met die familie uitgespreek.

Die DA het ook gevra dat ’n nuwe munisipale bestuurder so gou as moontlik in sy plek aangestel word.

Die Mantsopa-munisipaliteit se geldsake is in ’n haglike toestand.

“Inwoners ly onder uiters swak dienslewering en verdien ’n gekwalifiseerde en doeltreffende munisipale bestuurder wat die pos kan vul en die munisipaliteit uit die swak omstandighede kan kry,” het sy gesê.

• Stephen Koalane, uitvoerende burgemeester van die Masilonyana-munisipaliteit (Theunissen, Winburg, Verkeerdevlei en Brandfort) is ook ernstig siek in die Mediclinic in Welkom.

Xolisa Nqwiliso, waarnemende burgemeester, het egter gesê hy het nie Covid-19 nie.

Marieta Visser, DA-raadslid, het dit bevestig en gesê hy is nou al sowat ’n maand ernstig siek.

Zongezile Ntjwabule, amptelike woordvoerder van die munisipaliteit, het herhaaldelik aan Netwerk24 gesê hy is nie by magte om enige kommentaar oor die gesondheid van Koalane aan die media bekend te maak nie.

Hy wou ook nie sê of dit waar is dat hy in ’n hospitaal in Welkom opgeneem is en of hy steeds daar behandel word nie.

Meer oor:  Munisipale Bestuurder  |  Ladybrand  |  Tweespruit  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Sterf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.