Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19-gevalle styg met 80 per dag
Foto ter illustrasie. Foto: Isabel Venter

Daar is tans 1 585 mense in Suid-Afrika wat met die virussiekte Covid-19 besmet is. Dit is 80 meer as wat vroeër Saterdag berig is.

Volgens die nasionale gesondheidsdepartement was daar tot nou toe nege sterftes wat verband hou met die virus in die land.

Ses van die sterftes was in KwaZulu-Natal.

Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in dié provinsie, sê daar was 11 mense in die St Augustine-hospitaal in Durban. Drie van die mense wat dood is, was in dié hospitaal.

Ander mense wat siek geword het, is pasiënte, gesondheidswerkers en personeel. Meer as 150 toetse is al by die hospitaal gedoen en hulle begin binnekort om pasiënte en besoekers wat sedert 1 Maart by die hospitaal was, op te spoor, sê sy.

In Gauteng is daar reeds 693 gevalle; in die Wes-Kaap 433; in KwaZulu-Natal 232; in die Vrystaat 85, Noordwes 11; Mpumalanga 18 en dieselfde hoeveelheid in Limpopo. In die Oos-Kaap is daar 25 gevalle; Noord-Kaap 7 en daar is 63 gevalle wie se ligging nie bekend is nie.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het bevestig 53 937 toetse is reeds gedoen.

Meer oor:  Dr. Zweli Mkhize  |  Kwazulu-Natal  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.