Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Groote Schuur-stemboodskap is vals
Covid19 novel coronavirus rumors. Sinister hand co

’n Stemboodskap waarin ’n vrou aanvoer sy is verbonde aan die Groote Schuur-hospitaal en dat daar besluit is ventilators gaan nié aan Covid-19-pasiënte van ouer as 65 jaar oud gegee word nie, is vals en misleidend.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid word die boodskap in alle windrigtings van die land op WhatsApp versprei.

Daarin praat ’n vrou vir sowat 16 minute en sê sy: “Kan net vir julle die Suid-Afrikaanse perspektief gee van hierdie stupid virus.”

Behalwe vir talle aantygings, vooruitskattings en mediese bewerings wat die vrou maak, sê sy boonop: “Daar is ’n klomp vals nuus in die media, maar mense besef jy kan nie net enige oggend vals nuus publiseer nie.”

Dan maak sy ’n wilde bewering en sê die Groote Schuur-hospitaal gaan sy deure vir mense van ouer as 65 sluit – daar gaan nie eens begin word om hulle te help nie. Sy voer aan mense wat op ventilators geplaas word, het reeds longskade en al wat eintlik sal help is ’n longoorplanting.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het ’n waarskuwing uitgereik dat die boodskap nié vanuit die virologieafdeling by die Groote Schuur-hospitaal is nie en dat dit ook nié die beleid van die Wes-Kaapse departement van gesondheid is nie.

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Saterdag ’n verklaring uitgereik en gesê die instansie distansieer hom van die “misleidende stemboodskap” wat op WhatsApp versprei word.

Die boodskap wat verkeerdelik toegeskryf word aan die “hoof van virologie” by die Groote Schuur-hospitaal en waarin kommentaar oor die koronavirus gelewer word, verteenwoordig nie die siening van die UK se fakulteit van gesondheidswetenskap nie en ook nie dié van die hospitaal nie, sê medeprofessor Lionel Green-Thompson, dekaan van die UK se fakulteit van gesondheidswetenskap.

Hy vra namens die bestuur van die instansies om verskoning vir die onsekerheid wat deur die vals boodskap veroorsaak is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Fopnuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.