Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Herstelkoers in O-Kaap 93,9%, sê premier
Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier.

Terwyl die daaglikse infeksiekoers van die koronavirus in die Oos-Kaap die afgelope twee weke minder as 1 000 is, is 466 mense binne nege dae in dié provinsie aan Covid-19 dood.

Die Covid-19-dodetal in die Oos-Kaap staan volgens die jongste beskikbare syfers op 2 266, van wie 85 gesondheidswerkers was.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, het ondanks die sterftekoers van die afgelope nege dae gesê die provinsie se herstelkoers staan op 93,9%.

“Dit is ’n merkwaardige verbetering van die herstelkoers van 52% wat ons op 1 Julie gehad het,” het die premier gesê.

Uit die 82 715 gevalle wat tot dusver in die provinsie aangemeld is, is net 2 773 nog aktief.

Die syfers in die distrikte van die Oos-Kaap is soos volg:

Alfred Nzo

Gevalle: 3 165

Herstel: 3 054

Sterftes: 39

Amathole

Gevalle: 8 353

Herstel: 7 843

Sterftes: 218

Buffalo Stad-metro

Gevalle: 19 810

Herstel: 18 916

Sterftes: 464

Chris Hani

Gevalle: 8 148

Herstel: 7 723

Sterftes: 256

Joe Gqabi

Gevalle: 2 582

Herstel: 2 371

Sterftes: 65

Nelson Mandelabaai-metro

Gevalle: 21 589

Herstel: 20 180

Sterftes: 766

O.R. Tambo

Gevalle: 12 551

Herstel: 12 031

Sterftes: 304

Sarah Baartman

Gevalle: 5 878

Herstel: 5 460

Sterftes: 170

Van buite die provinsie

Gevalle: 322

Herstel: 320

Sterftes: 2

Tans het die provinsie 317 gevalle wat nie aan ’n spesifieke distrik toegeskryf kan word nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Oos-Kaap  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.