Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 het dalk impak op breinfunksie – studie

Covid-19 kan dalk die breinfunksie belemmer van mense wat van die virussiekte herstel, waarsku navorsers.

In ’n studie onder leiding van dr. Adam Hampshire van die Imperial College London is bevind dat die infeksie maande lange kognitiewe probleme kan veroorsaak.

In ernstige gevalle is die agteruitgang gelykstaande aan die veroudering van die brein met tien jaar.

Die bevindings van die studie, waaraan 84 285 mense deelgeneem het, is nog nie hersien nie en kenners meen dit moet met omsigtigheid hanteer word.

Prof. Derek Hill van die University College London, het die studie as interessant, maar onoortuigend bestempel. Volgens hom is die bevindings nie heeltemal betroubaar nie omdat ’n groot getal mense aan die studie deelgeneem het wat self aanvoer dat hulle Covid-19 gehad het, maar nie positief vir die virus getoets is nie.

Prof. Joanna Wardlaw van die Universiteit van Edinburg, sê die deelnemers se kognitiewe funksies was nie voordat hulle die koronavirussiekte opgedoen het bekend nie en die uitslae toon nie herstel op lang termyn nie. Dus kan enige impak op kognitiewe funksies van korte duur wees. Reuters, verwerk.


Meer oor:  Koronavirus  |  Breinfunksie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.