Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 in NW: Staat sal jou nié in fasiliteit indwing

Mense in Noordwes wat positief vir Covid-19 toets, asook diegene wat met hulle kontak gehad het, sal nié gedwing word om onder kwarantyn in ’n staatsinstelling geplaas te word nie.

Dié gerusstelling het Dinsdagmiddag van Noordwes se gesondheidsdepartement gekom ná vrese hieroor. Die vrese het ontstaan nadat die departement Sondag in ’n mediaverklaring gesê het almal in die provinsie wat positief toets en diegene met wie hulle kontak gehad het, sal voortaan “onder die staat se toesig wees”.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder vir Noordwes se gesondheidsdepartement, het Dinsdagmiddag verduidelik dit beteken bloot dat staatsamptenare gereeld na die betrokke mense se woonplekke sal gaan om seker te maak hulle bly onder kwarantyn en volg die reëls daaroor nougeset.

Dié verskerpte maatreël kom nadat ’n inwoner van Bloemhof wat vroeër positief getoets het, glo haar selfisolasie verbreek en na ’n plaas in die Welkom-distrik in die Vrystaat gegaan het. Volgens Lekgethwane is sy nou na een van die staatshospitale in die provinsie met kwarantyngeriewe geneem.

“Dit sal met enigiemand gebeur wat nie die maatreëls gehoorsaam nie.”

Die vrou het die virus moontlik op ’n kerkbyeenkoms in Bloemfontein opgedoen.

Noordwes het teen Dinsdagmiddag 11 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad: vyf in Rustenburg, twee in Hartbeespoort, een in Klerksdorp, een in Potchefstroom, een in Bloemhof en een in Mahikeng.

Geen geval in Noordwes was tot dusver baie ernstig of noodlottig nie.

Meer oor:  Noordwes  |  Kwarantyn  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.