Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Infeksies in SA styg skerp

Die 1 218 koronavirus-infeksies wat in die laaste 24 uur aangemeld is, is die hoogste getal nuwe infeksies nog binne 24 uur in Suid-Afrika.

Sedert Vrydag was daar 1 218 nuwe infeksies in die land. Daarvan was 938 in die Wes-Kaap, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in ’n verklaring wat Saterdagaand uitgereik is.

NICD

Voorheen was die grootste getal nuwe infeksies op 17 Mei, toe 1 160 infeksies vir die voorafgaande 24 uur aangemeld is.

Die getal mense wat tot nou toe positief getoets het vir die virus in Suid-Afrika, staan op 21 343 en 10 104 mense het al heeltemal herstel.

Nog 10 mense is dood aan die virussiekte Covid-19. Dit bring die dodetal in die land op 407 te staan. 261 van die sterftes was in die Wes-Kaap. In die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is onderskeidelik 58 en 48 sterftes aangemeld.

Luidens Mkhize se verklaring is 21 338 toetse in die afgelope 24 uur gedoen – 49% deur die private sektor en 51% deur die staat.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se jongste syfers oor die Covid-19-pandemie was Saterdagaand as volg:  

Totale getal aangemelde Covid-19-gevalle: 5 103 006.  Daarvan is 109 536 die afgelope 24 uur aangemeld.

Totale getal sterftes: 333 401.  Daarvan is 5 663 in die afgelope 24 uur aangemeld.

Die verspreiding oor die wêreld heen, lyk só: (getal in hakies is die afgelope 24 uur aangemeld)

Afrika: 74 256 bevestigde gevalle (2 504) en 2 040 sterftes (59)

Noord- en Suid-Amerika: 2 282 488 gevalle (62 221) en

135 184 sterftes (3 579)

Midde-Ooste: 402 919 gevalle (13 331) en 10 806 sterftes (158)

Europa: 1 987 657 gevalle (21 413) en 172 958 sterftes (1 631)

Suid-Oos-Asië: 182 278 gevalle (9 119) en 5 556 sterftes (209)

Westelike Stille Oseaan:172 696 gevalle (948) en 6 844 sterftes (27)

Meer oor:  Wgo  |  Infeksie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.