Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Jhb en Tshwane brandpunte in Gauteng

Die getal bevestigde koronavirusgevalle in Gauteng, wat deur die regering as ’n brandpunt beskryf word, het teen Donderdag op 522 366 gestaan. Altesaam 7 869 nuwe gevalle is aangemeld.

Kwara Kekana, ’n woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het Donderdag in ’n verklaring gesê 11 861 mense het reeds in die provinsie aan Covid-19 gesterf.

“4 678 mense word tans in private en staatshospitale in Gauteng behandel,” het Kekana gesê.

Altesaam 464 738 mense het reeds van die virus herstel.

covid-19, gauteng

Alle mense wat 60 jaar of ouer is, of hulle geregistreer is of nie, word nou by inentingsentrums in die provinsie ingeënt. Hulle moet hul identiteitsboekies saamneem.

“Mense sal dan geregistreer en ingeënt word. Niemand mag by ons inentingsentrums in Gauteng weggewys word nie,” het sy gesê.

Volgens Kekana is die aantal inentingsentrums met 25 verhoog. “Daar is tans 129 inentingsentrums in Gauteng, waarvan 89 van die staat en 40 in die private bedryf. Die 25 nuwe inentingsentrums sluit in tien in Johannesburg, vyf in Tshwane, vier in Ekurhuleni, drie in die Wes-Rand en drie in Sedibeng.”

Altesaam 551 002 mense was Woensdag op die regering se elektroniese entstofstelsel (EVDS) vir inentings geregistreer en 491 671 mense is reeds teen Woensdag in die provinsie teen Covid-19 ingeënt.

Mense sal dan geregistreer en ingeënt word. Niemand mag by ons inentingsentrums in Gauteng weggewys word nie.

Van die 7 869 nuwe koronavirusgevalle wat in Gauteng aangemeld is, was die meeste in Johannesburg (3 012), gevolg deur Tshwane (2 154) en Ekurhuleni (1 590).

Die gebiede in Johannesburg waar die meeste nuwe gevalle aangemeld word, is Roodepoort, Constantia Kloof, Northgate, Florida en Bram Fischerville. Brandpunte in die Tshwane-distrik sluit in Atteridgeville, Laudium, die Pretoriase middestad, Hercules, Danville, Saulsville, Lotus en Pretoria-Wes.

In Ekurhuleni is die brandpunte in Bedfordview, Benoni, Boksburg, Chief Albert Luthuli, Dan Kubheka, Edenvale, Endayeni, Esangweni, Itireleng, Kemston, Lethabong, Ramaphosa, Reigerpark en Van Dykpark.

Mogale City en Emfuleni is die gebiede in onderskeidelik die Wes-Rand en Sedibeng waar die meeste nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangemeld is.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het Donderdag op ’n sitting van die portefeuljekomitee oor gesondheid haar kommer uitgespreek oor Gauteng en die res van die land wat nou in die derde vlaag van die pandemie is.

“Ons kyk na die syfers, die projeksies en modellering en dit het gewys dat ingrypings nodig is,” het Kubayi-Ngubane gesê met verwysing na die strenger regulasies en die skuif na ’n vlak 3-inperking wat Dinsdagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Brandpunte  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.