Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 kom soos ‘spook in die nag’, sê Calvinia-vrou

Die departement van gesondheid het Woensdagaand bekend gemaak dat daar 13 gevalle van die Covid 19-virussiekte in die Noord-Kaap is.

Dit het ook Woensdagaand bekend geword dat nog ’n egpaar van Calvinia die virus onder lede het.

Lize (43) en Herman du Plessis (42) het Woensdagaand hul status bekend gemaak nadat hulle vroeër die dag hul uitslae van hul dokter ontvang het.

Lize het in ’n stempos die inwoners van Calvinia ingelig om sodoende almal op die hoogte te bring en gerus te stel.

Du Plessis sê sy en haar man het verlede Dinsdag begin siek voel, maar eers gedink dat hulle met sinus sukkel.

Niemand kan dit verhelp as hulle die virus kry nie. Dit kom soos ’n spook in die nag en as jy weer jou oë uitvee, het hy jou.

Teen Woensdag was die simptome baie erger en teen Saterdag het hulle besef die simptome was nie gewone griepsimptome nie. Hulle het dadelik hul dokter gekontak en teen Maandag die Covid 19-toets laat doen aangesien daar nie koerierdienste oor die naweek beskikbaar was nie.

Die egpaar het Woensdag hul uitslae ontvang.

Lize sê hulle voel eintlik al baie beter as ’n paar dae tevore. Sy sê die simptome wat hulle ondervind het, was erge koors en ’n seer keel wat mettertyd vererger het.

Sy sê sy vermoed Herman is sowat drie weke gelede aan die virus blootgestel toe hy saam met sy ma by Medi-Care in Kuilsrivier in die Wes-Kaap was.

Sy vermoed dat hy moontlik aan die virus blootgestel was toe hy ’n winkelsentrum besoek het.

In die boodskap aan die inwoners van Calvinia sê sy dat dit nie sal help om paniekerig te raak nie.

Haar dokter het die inwoners wat met die egpaar kontak gehad het versoek om hulself eerder te monitor en indien hulle simptome het, hulself te laat toets.

Lize sê haar boodskap aan Suid-Afrikaners is dat hulle nie die siekte moet stigmatiseer nie.

“Niemand kan dit verhelp as hulle die virus kry nie. Dit kom soos ’n spook in die nag en as jy weer jou oë uitvee, het hy jou,” sê sy.

Meer oor:  Koronavirus  |  Calvinia  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.