Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Mediclinic reageer op fopnuus

Mediclinic is nie bewus van ’n vals boodskap wat op sosiale media rondgestuur word dat dokters glo verbied word om pasiënte met Covid-19 te behandel nie.

Die hospitaalgroep se kliniese hoof, dr. Stefan Smuts, sê in die mediaverklaring die bewering is vals en dat die hospitaal streng by die voorskrifte van die departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) hou.

Mediclinic het die nodige maatreëls ingestel om te voorkom dat die virus versprei en kan pasiënte met die simptome van Covid-19 behandel.

“Ons pasiënte, personeel en dokters is ons prioriteit en besluite oor hospitalisering en behandeling sal deur die verantwoordelike dokter geneem word,” sê hy.

Volgens Smuts hou die Covid-19-pandemie ’n ernstige bedreiging vir die land en sy burgers in, en Mediclinic is daartoe verbind om die gesondheidsdepartement te ondersteun soos nodig.

Almal in die gesondheidsketting moet hul deel bydra om te keer dat die siekte versprei en om die siekes te versorg, sê Smuts.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Mediclinic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.