Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Meer as 1 000 nuwe gevalle in Vrystaat

Daar is 19 207 bevestigde koronavirusgevalle in die Vrystaat, waarvan 186 mense gesterf en 6 277 herstel het.

In die laaste 24 uur is 1 073 nuwe gevalle in die provinsie aangemeld.

Dit is volgens inligting wat Mondli Mvambi, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, uitgereik het.

Hiervolgens het Mangaung (Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu) 7 413 bevestigde gevalle, Lejweleputswa (Wes-Vrystaat) 5 199, Fezile Dabi (Noord-Vrystaat) 3 024, Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) 2 917 en Xhariep (Suid-Vrystaat) 641 bevestigde gevalle.

Bloemfontein bly die brandpunt in die Vrystaat met 5 946 gevalle.

Mvambi sê die 1 073 nuwe gevalle is as volg aangemeld:

• 509 in die Mangaung-metro,

• 103 in Fezile Dabi,

• 153 in Thabo Mofutsanyana,

• 252 in Lejweleputswa,

• 43 in Xhariep

• 13 is van onbekende distrikte.

Hy sê van die 186 sterftes waarvan hulle weet, kom die grootste hoeveelheid uit die Wes-Vrystaat.

Mvambi sê hoewel meer vroue geraak word (60% van die gevalle), sterf meer mans.

Van die 186 wat gesterf het, was 96 (52%) mans.

* Dr. David Motau, hoof van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het ook vandeesweek gesê meer toetse word nou in die provinsie gedoen wat bydra tot die styging in gevalle. Hy meen die virussiekte is besig om vinniger te versprei. Mense word aangeraai om maskers te dra, sosiale distansiëring te handhaaf, gereeld hande te was en te ontsmet en om van sosiale byeenkomste weg te bly.

Meer oor:  Dr. David Motau  |  Vrystaat  |  Koronavirus  |  Sterftes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.