Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Netcare, Mediclinic onder druk

Netcare en Mediclinic, twee van die land se grootste private hospitaalgroepe, sê hulle voel die druk van Covid-19-hospitaalopnames.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand aangekondig private hospitale in Gauteng is byna vol en gesê sy administrasie se prioriteit is nou om te verseker dat daar genoeg hospitaalbeddens, gesondheidswerkers, asemhalingstoestelle en suurstof is vir die “beste moontlike sorg aan elke persoon”.

Volgens die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) se weeklikse verslag is daar tot nou kumulatief 278 521 mense in hospitale landwyd opgeneem.

Die jongste syfers uit Gauteng wys 4 420 mense is tans hier in hospitale opgeneem.

Mediclinic sê veral sy hospitale in die Vrystaat, die Noord-Kaap en Gauteng is onder druk. Die verskillende pas van infeksies in provinsies stel die hospitaalgroep in staat om toerusting soos ventilators na gebiede te verskuif wat onder druk is. Die beskikbaarheid van hulpbronne soos suurstof word voortdurend gemonitor, sê dr. Gerrit de Villiers, kliniese hoof van Mediclinic Suider-Afrika.

Hy sê waar moontlik herprioritiseer hulle hulpbronne en beddens na waakeenhede aangesien die meeste Covid-19-pasiënte hier behandel word.

Netcare sê hy het alle niedringende operasies gestaak ten einde kapasiteit beskikbaar te stel, veral in Gauteng.

“Soms moet pasiënte by ons hospitale se noodeenhede ongelukkig wag as daar skielik ’n toestroming van pasiënte is.

“As deel van ons rampbestuursbeplanning het ons tydelike kliniese besluitnemingseenhede by sekere hospitale in die provinsie ingerig om bykomende pasiënte te akkommodeer,” sê Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling.

Hy moedig pasiënte aan om eers hulp by hul huisdokter te soek wanneer hulle erge simptome ondervind.

Albei hospitaalgroepe het Netwerk24 na die departement van gesondheid verwys om getalle van hospitaalopnames te verkry.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder vir Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die tussentydse minister van gesondheid, het Netwerk24 na Nios se weeklikse verslag verwys.

Meer oor:  Netcare  |  Mediclinic  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Strenger Inperkings  |  Vlak 3  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.