Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Netcare roep personeel terug van verlof

Die hospitaalgroep Netcare het op ’n dringende grondslag al sy gesondheidspersoneellede se verlof teruggetrek in die lig van die drastiese toename in hospitaalopnames oor die feestyd.

Netcare het Maandag in ’n verklaring gesê dat hy dalk voortaan in sekere gebiede pasiënte vir behandeling sal moet begin prioritiseer.

Bykomende suurstof is reeds aan sy hospitale verskaf en ekstra dokters, verpleegsters, paramedici en gesondheidsorgwerkers sal ontplooi word in gebiede waar die nood groot is.

Dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van Netcare, sê die land word deur ’n uiters kommerwekkende vlaag van infeksies in die gesig gestaar, wat Netcare noop om sy benadering daartoe deurgaans te hersien.

Die tweede vlaag oorskry die eerste een verreweg.

Hy het bygevoeg dat die onlangse styging in infeksies in veral die Oos-Kaap, Limpopo, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal ongekende druk op Netcare se gesondheidsgeriewe daar plaas.

“Ons verwag dat die (huidige) vraag in Limpopo en die Wes-Kaap vir minstens twee nog weke sal voortduur, maar ongelukkig sal dit in dieselfde tydperk toeneem in KwaZulu-Natal.

“Ons bly uiters bekommerd oor Gauteng, wat reeds besig is om ’n herlewing (in infeksies) te ondervind, en ons verwag ’n drastiese styging in gevalle namate vakansiegangers vroeg in Januarie na die provinsie terugkeer,” sê Friedland in die verklaring.

Hy waarsku dat pasiënte op sekere plekke waar hospitale oorweldig word, voortaan dalk vir behandeling geprioritiseer sal moet word, gegrond op erkende internasionale riglyne hiervoor.

Prakties kan dit beteken dat sekere vlakke van hoësorgbehandeling, ventilators of sekere behandelings met suurstof nie aan alle pasiënte beskikbaar sal wees nie.

“Waar moontlik sal ons probeer om pasiënte, sodra hulle gestabiliseer is, na een van ons ander hospitale te vervoer waar daar kapasiteit is,” sê Friedland.

“In hierdie onsekere en moeilike tye stel ons die publiek se geduld en begrip hoog op prys, en ons wil hulle verseker dat ons op die voorste linie so hard as menslik moontlik is werk om die beste en veiligste sorg wat ons kan, aan ons pasiënte te bied.”

Meer oor:  Netcare  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.