Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Niemand wil sê oor Menlo-onnie

’n Sluier van geheimhouding is getrek om gerugte dat Covid-19 by ’n onderwyser aan die Laerskool Menlopark in Pretoria gediagnoseer is.

Dit volg nadat ’n plaaslike nuusblad berig het dat onderwysers by dié skool vir twee weke in isolasie geplaas is. Die Laerskool Menlopark sal dus na verwagting eers op 15 Junie heropen – ’n week ná die ander skole in die land.

Volgens dieselfde nuusblad het die onderwysers verlede Woensdag by die skool aangemeld en een van hulle is positief getoets vir Covid-19.

Die skoolhoof, Pieter Bredenkamp, het by navraag aan Netwerk24 gesê hy is nie by magte om inligting te verstrek nie en het alle navrae na die Gautengse onderwysdepartement verwys. Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het ná herhaalde navrae gesê Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, sal Donderdag op die provinsiale raad se mediakonferensie terugvoering aan die media gee hieroor.

Netwerk24 wou ook by Mabona weet of ouers steeds skole sal kan besoek om hulle van die veiligheidsmaatreëls teen Covid-19 te vergewis voordat gr. 7- en gr. 12-leerlinge op Maandag 8 Junie terugkeer. Mabona se antwoord daarop was ook dat die beplande mediakonferensie van Donderdag antwoorde sal verskaf.

Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas), het Dinsdag gesê dit is die eerste woord wat hy van die beweerde voorval hoor.

Meer oor:  Pretoria  |  Covid-19  |  Onderwyser  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.