Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Oos-Kaapse premier bal vuis oor tavernes

Tavernes is een van die gebiede in die Oos-Kaap waar Covid-19-regulasies oorskry word. Die premier waarsku hy sal sonder huiwering ingryp.

Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, het dié waarskuwing Sondag op ’n provinsiale bevelsraadsvergadering gerig. Volgens hom het hy verskeie berigte ontvang van mense, veral in tavernes, wat nie meer maskers dra nie en ook nie sosiale distansiëring handhaaf nie.

“Ons is steeds bekommerd oor die wanopvatting wat onder die publiek heers oor wat vlak 1 (van die inperking) regtig beteken. Ons sien die onbedoelde gevolge wat verband hou met die versuim om gehoor te gee aan die regulasies en die heropening van plekke soos tavernes.”

Hy sê dit is die provinsiale en plaaslike regering se verantwoordelikheid om die maatreëls toe te pas.

Oscar Mabuyane, premier vir die Oos-Kaap. Foto: Facebook

“Ons sal ingryp om klante (by tavernes) te beskerm as hulle nie hulself kan beskerm nie. Dit is ons verantwoordelikheid.”

Mgwebi Msiya, woordvoerder van die Oos-Kaap se drankraad, het by navraag erken hulle het verskeie klagtes ontvang oor maatreëls wat by drankwinkels en afsetpunte oortree word.

Klagtes is veral ontvang vanuit KwaZakhele en Motherwell in die Nelson Mandelabaai-metro, asook Aliwal-Noord in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit.

Hy sê die raad sal optredes ondersteun teen die individue wat die wet oortree.

“Op die oomblik werk ons nou saam met die polisie en stuur ons drank-inspekteurs dadelik uit wanneer ’n klagte ontvang word.

“Die algehele verbod op drankverkope was ’n harde slag vir die bedryf en ons wil nie weer daarheen terugkeer nie.

Alle pogings moet aangewend sodat ’n twee vlaag besmettings vermy word en die provinsie uiteindelik heeltemal ontslae is van die virus.

“Daarom is dit belangrik vir elke betrokke persoon om die regulasies te gehoorsaam en hul deel te doen,” sê Msiya.

Intussen het Mabuyane ook Sondag sy amptenare en die maatskaplike vennote bedank wat die Oos-Kaap tot dusver deur die koronaviruspandemie ondersteun het.

Hy sê die verlies van die meer as 3 000 mense in die Oos-Kaap weens Covid-19 is ’n bitter pil om te sluk, maar hy is dankbaar vir elkeen wat hul samewerking gee sodat verdere lewensverliese voorkom word.

“Alle pogings moet aangewend sodat ’n twee vlaag besmettings vermy word en die provinsie uiteindelik heeltemal ontslae is van die virus. Dit is nie ’n vergesogte ideaal nie, aangesien ons aktiewe gevalle nou rondom 1 000 wissel.”

Meer oor:  Covid-19  |  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.