Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19-pasiënte neem toe, maar Netcare-hospitale nie vol
Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

Die aantal Covid-19-pasiënte in hospitale sal in die volgende paar weke toeneem, maar dit is onwaar dat mense weens die groter getalle weggewys gaan word.

“Dit is heeltemal te verstane dat die publiek bekommerd is oor hospitale se kapasiteit, gegewe die toename in Covid-19-gevalle, sowel as fopnuus wat op sosiale media versprei word dat sekere hospitale gesluit is en dat pasiënte selfs by party noodgevalle-afdelings weggewys word,” sê Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling.

Du Plessis erken wel daar is ’n aansienlike toename in Covid-19-pasiënte wat in Netcare-hospitale behandel word, veral in Gauteng en die Oos-Kaap.

“Ons het tans plek in ons hospitale vir Covid-19- sowel as ander pasiënte in ons waakeenhede en ander algemene afdelings. Nie alle pasiënte wat met Covid-19 opgeneem word, is in waakeenhede of het suurstof of ’n ventilator nodig nie.”

Ons het gebeurlikheidsplanne in plek. Sou een van ons hospitale op ’n gegewe tydstip nie oor die nodige kapasiteit beskik nie, kan pasiënte dan na ’n ander hospitaal vervoer en daar behandel word.

“Ons het gebeurlikheidsplanne in plek. Sou een van ons hospitale op ’n gegewe tydstip nie oor die nodige kapasiteit beskik nie, kan pasiënte dan na ’n ander hospitaal vervoer en daar behandel word.”

Volgens Du Plessis sal enige persoon wat met ’n lewensgevaarlike besering of toestand by ’n hospitaal opdaag die nodige mediese behandeling kry.

“Nou, meer as ooit vantevore, moet elke mens die verantwoordelikheid neem om die risiko van die verspreiding van die virus tot ’n minimum te beperk.”

Hy raai mense aan om hul hande met seep en water te was of met alkohol te ontsmet, ’n gesonde afstand van minstens ’n meter te handhaaf, ’n gesigmasker in openbare plekke te dra, nie familie of vriende te besoek nie en om oppervlakke wat gereeld aangeraak word voortdurend te ontsmet.

“Dit is hierdie stappe wat elke persoon kan doen om hul eie beskerming en dié van ander, veral diegene wat kwesbaar is, te verseker,” sê Du Plessis.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.