Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: 1ste passasiers van 'virusskip' sit voet aan wal

Ná ’n bietjie meer as twee weke in isolasie op ’n plesierskip na nêrens, sal minstens 500 passasiers van die Diamond Princess-plesierskip Woensdag toegelaat word om voet aan wal te sit.

Dié skip lê al sedert 3 Februarie in die Jokohama-hawe naby Tokio in Japan vasgemeer, nadat ’n voormalige passasier positief vir die nuwe koronavirusstam, Covid-19, getoets het. Al die mense aan boord van die skip is dadelik in isolasie op die skip geplaas, terwyl almal vir die virus getoets is.

Die passasiers het Woensdag begin om die skip te ontruim.

Amerika het reeds 300 van hul burgers wat op die plesierskip was, huis toe laat vlieg en ander lande is gereed om dieselfde te doen om hul burgers by die huis te kry.

Die nasionale gesondheidskommissie in China sê die getal nuwe gevalle van mense wat die virus opgedoen het, is die laagste sedert 29 Januarie, met 1 749 nuwe bevestigde gevalle van Covid-19 wat Dinsdag aangeteken is. Dié jongste gevalle beteken meer as 74 000 mense in China het die virus en 2 004 mense in die land is reeds aan Covid-19 dood. ’n Sesde persoon buite die Chinese vasteland is Woensdag dood toe nog iemand in Hongkong aan die virussiekte gesterf het.

Die meeste gevalle buite China van mense met die virus, is op die Diamond Princess, waar dit by 540 van die 3 700 mense aan boord gediagnoseer is. Reuters

’n Joernalis probeer met een van die passasiers praat wat aan boord die Diamond Princess-plesierskip was. Foto: Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.