Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19 raak ook dié skenkings van stamselle

Die behandeling van mense wat wag op stamseloorplantings en diegene met bloedafwykings wat dringend bloed van skenkers benodig, word nadelig geraak deur die koronavirus-pandemie.

Duisende mense se lewe is in gevaar, veral omdat die vervoer van stamselle en bloed geraak word deur die regulasies rondom die staat van inperking, sê dr. Charlotte Ingram, mediese direkteur van die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR), die grootste register in die land.

Sy sê sedert die begin van die pandemie het minder mense plaaslik geregistreer as skenkers. Sy meen dit kan toegeskryf word aan die feit dat die land se grense nog gesluit is op vlak 3 van die nasionale staat van inperking.

“Die regulasies is uiters belangrik om die verspreiding van die virus te vertraag, maar dit plaas druk op die kritieke diens wat die SABMR lewer.

Afgesien van die vertraging met die werwing van skenkers, is dit nou ook moeiliker om bloedstamselle na pasiënte in nood te vervoer. Terwyl gespesialiseerde stamselkoerierdienste wel werk, het die huidige reisbeperkings, die afname in internasionale vlugte en kwarantynprotokolle die afleweringstye beïnvloed,” sê Ingram.

Weens die regulasies het die SABMR besluit om alle skenkers aanlyn te werf.

“Ons grootste prioriteit is om ons skenkers, potensiële skenkers en pasiënte te beskerm. Pasiënte met bloedafwykings, soos leukemie, het steeds dringend bloedoortappings nodig. Hoe minder skenkers ons het, hoe kleiner is die kanse om ’n geskikte skenker te kry.”

Ons grootste prioriteit is om ons skenkers, potensiële skenkers en pasiënte te beskerm. Pasiënte met bloedafwykings, soos leukemie, het steeds dringend bloedoortappings nodig. Hoe minder skenkers ons het, hoe kleiner is die kanse om ’n geskikte skenker te kry.

Ingram sê net 30% van dié wat dit nodig het, is gelukkig om ’n geskikte skenker in hul gesin te vind. Die ander moet elders soek vir ’n geskikte skenker. As daar nie plaaslike skenkers is nie, kan toegang tot internasionale registers verkry word, maar die kanse om dan ’n geskikte skenker te kry is skraal.

Indien ’n internasionale skenker wel gevind word, is dit ’n duur proses.

Daarom het die SABMR ’n massiewe aanlyn veldtog begin.

Hulle wil 10 000 nuwe skenkers werf voor Wêreldmurgskenkerdag wat jaarliks op 19 September gevier word. Hulle wil ook probeer om 100 000 skenkers beskikbaar te hê vir pasiënte in nood.

Ingram sê skenkers sal hul verhale op sosiale media deel om toekomstige skenkers te inspireer en om bewustheid te skep.

Volgens Ingram word duisende mense jaarliks met bloedafwykings gediagnoseer.

“Gesonde mense se beenmurg maak elke dag meer as 200 miljard nuwe bloedselle, insluitend rooibloedselle, witbloedselle en bloedplaatjies. By mense met verskillende soorte kanker en beenmurgsiektes, word die proses aangetas en ’n beenmurgoorplanting is die beste kans op oorlewing.

“Terwyl die virussiekte ons lewe oorheers, het mense met bloedafwykings steeds ons hulp nodig.”

Die SABMR sê in ’n verklaring sy prosedures is aangepas om te verseker dat mense steeds kan registreer as skenkers ondanks die fisieke afstand.

“Ons bied nou pakkette waarmee monsters tuis geneem kan word. Dit is gratis beskikbaar by meer as 140 mediese instellings en laboratoriums landwyd, en word gratis afgehaal.

Ons bied nou pakkette waarmee monsters tuis geneem kan word. Dit is gratis beskikbaar by meer as 140 mediese instellings en laboratoriums landwyd, en word gratis afgehaal.

“Aansoekers sal gekontak word om die maklikste werkwyse te bespreek. Die enigste monster wat ons benodig, is ’n eenvoudige wangdepper.”

Ingram sê alle ander voorsorgmaatreëls teen die virussiekte is op skenkingsplekke vir bloedmurg ingestel om die skenkers en mediese personeel te beskerm.

Enigiemand wat ’n skenker wil word en tussen die ouderdom van 18 en 45 is, kan die SABMR by 021 447 8638 kontak of ’n e-pos stuur aan donors@sabmr.co.za.

Besoek https://sabmr.co.za/become-a-donor/ vir meer inligting.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.