Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: SA steek gevreesde 10%-koers ver verby
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), ’n afdeling van die nasionale laboratoriumdiens, het Woensdagaand gesê 8 881 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld. Foto: iStock

Suid-Afrika het die gevreesde 10%-koers van positiewe Covid-19-gevalle Woensdag ver verbygesteek toe ’n positiwiteitskoers van 16,5% aangemeld is.

Die meeste nuwe gevalle kom uit Gauteng (58%) en die Wes-Kaap (9%).

Die positiwiteitskoers is een van die aanwysers wat die departement van gesondheid gebruik as aanduiding van ’n nuwe vlaag van stygende infeksies.

Dit verwys na die persentasie positiewe toetse uit al die toetse wat in ’n gegewe tydperk gedoen is. Daar is die afgelope 24 uur 53 732 toetse gedoen.

Dinsdag was die positiwiteitskoers 13,1% met 4 209 nuwe gevalle vergeleke met Woensdag se positiwiteiteskoers van 16,5% en 8 881 nuwe gevalle.

Dinsdag was die positiwiteitskoers 13,1% met 4 209 nuwe gevalle vergeleke met Woensdag se positiwiteiteskoers van 16,5% en 8 881 nuwe gevalle.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), ’n afdeling van die nasionale laboratoriumdiens, het Woensdagaand gesê 8 881 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika geïdentifiseer. Dit bring die totale aantal laboratoriumbevestigde gevalle op 1 712 939 te staan.

“Die toename in die aantal toetse, positiewe gevalle en verhoogde positiwiteit is ’n bewys van die voorspelde derde vlaag Covid-19-infeksies,” sê Nios.

“Dit is nie ou data wat later gelaai is of die gevolg van verhoogde omkeertyd in laboratoriums nie.”

Gauteng het verreweg die meeste nuwe gevalle (5 111) teenoor die Wes-Kaap (783), Noordwes (650) en die Vrystaat (620).

Gauteng het verreweg die meeste nuwe gevalle (5 111) teenoor die Wes-Kaap (783), Noordwes (650) en die Vrystaat (620).

Nios sê daar was die afgelope 24 uur 1 150 nuwe hospitaalopnames. In Gauteng is die grootste toename in opnames gesien waar 587 nuwe mense by hospitale behandel is.

Daar is die afgelope 24 uur 135 mense in hospitale dood weens die virussiekte.

Luidens berigte is dié skerp toename ingevalle in pas met die getalle wat aangeteken is tydens die begin van die eerste en tweede vlae.

Meer oor:  Positiwiteitskoers  |  3De Vlaag  |  Covid-19  |  Positiewe Gevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.