Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Só moet lyke hanteer word

Gesondheidswerkers en begrafnisondernemers moet versigtig wees wanneer hulle die lyke hanteer van mense wat aan Covid-19 dood is, omdat klein hoeveelhede lug uit die oorledenes se longe kan ontsnap.

Hospitaaltrollies en lyksakke moet deeglik ontsmet word voordat die menslike oorskot na die lykshuis geneem word en alle beskermende toerusting wat gebruik word wanneer die lyk gewas en voorberei word, moet daarna dadelik weggegooi word om die risiko van infeksie te verminder.

Familielede van mense wat aan die virussiekte dood is, mag die lyk van hul oorlede geliefde help aantrek, maar net indien hulle die nodige beskermende kleredrag dra, en slegs indien dit binne die lykshuis gedoen word.

Dit is sommige van die regulasies wat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandag in die Staatskoerant gepubliseer het om leiding te gee oor hoe om die lyke van Covid-19-pasiënte te versorg.

Luidens die regulasies word balseming nie aanbeveel nie, mag lyksakke nie hergebruik word nie en word mense aangeraai om eerder hul geliefdes te veras as te begrawe.

Indien ’n persoon tuis omkom, word familielede aangeraai om hul persoonlike besittings met handskoene te hanteer en die oorledene se klere met warm water (tussen 60 °C en 90 °C) te was. As dit nie moontlik is nie kan die klere met ’n stok in ’n drom vol warm water gewas word, waarna die drom heeltemal leeggemaak moet word en vir 30 minute met chloor skoongemaak moet word.

Netwerk24 het vroeër berig dat verskeie metro’s in onder meer Kaapstad, Johannesburg en Pretoria reeds besig is om te beplan vir die moontlikheid van massagrafte soos die onvoorspelbare pandemie voortwoed.

Streng maatreëls geld ook vir begrafnisondernemers, wat verbied word om die oorskot van die oorledene die aand voor die begrafnis af te lewer en moet toesien dat familielede nie aan die lyk raak nie.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Koronavirus  |  Lyke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.