Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Só styg gevalle afgelope maand
13 Mei
sondag

Die getal koronavirusgevalle en -sterftes en die getal aktiewe gevalle in Suid-Afrika het binne ’n maand skerp gestyg.

Terselfdertyd het die herstelkoers begin afneem.

Volgens die nasionale departement van gesondheid se inligting het die getal gevalle en die sterftesyfer in die land van 13 Mei tot 13 Junie met onderskeidelik 141 830 en 2 753 gestyg.

Die getal aktiewe gevalle het met 53 374 gestyg.

Suid-Afrika se herstelkoers was op 13 Mei 94,7%, maar het teen 13 Junie tot 92% gedaal.

Die positiwiteitskoers (die getal positiewe uitslae uit die toetse) was in die week van 6 Mei nog tussen 4% en 6%, maar dit het intussen tot 17,2%, gestyg.

Op 13 Mei is 42 073 toetse in Suid-Afrika gedoen, waarvan 3 221 positief was. Op 13 Junie is 44 560 toetse gedoen, waarvan 7 657 positief was.

Die getal aktiewe gevalle in die land strook met wat in die tweede week van die tweede vlaag gesien is.

Daar was op 16 Desember 85 275 aktiewe gevalle in die land, terwyl daar tans 82 736 is.

Kliek hier vir die jongste verslag.

Gesondheidswerkers in Januarie 2021 buite ’n veldhospitaal wat buite die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria opgerig is. Foto: Reuters
Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Strenger Inperkings  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.