Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Só versprei virus in Wes-Kaap

Wes-Kaapse owerhede is op hete kole nadat die eerste bevestigde geval van die koronavirus in Khayelitsha, die grootste township in die Kaap, aangemeld is.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het ook bevestig dat vyf mense in Mitchells Plain en 15 mense in die Tygerberg-omgewing die virus onder lede het.

Volgens Winde is 310 mense in die provinsie nou positief vir die virus getoets.

Dit sluit in 256 gevalle in die Kaapstadse metropool, 17 in die Kaapse Wynland, 21 in die Tuinroete in die Suid-Kaap en sewe in die Overberg-omgewing.

“Daar is 106 gevalle in Kaapstad se westelike voorstede, 98 gevalle in die suidelike voorstede, 16 in die noordelike voorstede, tien in die oostelike gebiede. In die Tygerberg-omgewing is 15 gevalle, Klipfontein en Mitchells Plain het elk vyf gevalle en in Khayelitsha is een geval.”

Winde het gesê in ander dele van die Wes-Kaap is nege voorvalle in Bitou aangemeld, agt in Stellenbosch, ses in Drakenstein, ses in George, vyf Overstrand in Hermanus en in die Breedevallei, Hessequa en Mosselbaai is elk drie gevalle en in Swellendam en Theewaterskloof is elk een geval aangemeld.

Volgens hom is die provinsie se reaksie-en-opsporingspanne besig om die voorvalle in die informele woonbuurte met erns en die dringendheid wat dit verdien te hanteer.

Winde het gesê spanne is besig om seker te maak dat almal met wie die aangetaste persoon in Khayelitsha in aanraking gekom het, opgespoor word.

Volgens die premier is 14 pasiënte tans in ’n hospitaal opgeneem, van wie drie in die intensiewe eenheid van ’n hospitaal behandel word.

'n Kaart van die Kaapstad-metro. Foto: Verskaf

Meer oor:  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.