Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Korona: ‘Spoedige optrede nodig van regering’
Siviwe Gwarube
DA spokesperson on health Siviwe Gwarube. (Jan Gerber/News24)

Met die eerste geval van Covid-19 wat Donderdagmiddag in Suid-Afrika aangemeld is, moet die regering nou die nasie in sy vertroue neem en sy planne om die virus hier doeltreffend te beheer en te behandel, onmiddellik in die parlement ter tafel lê.

Siviwe Gwarube, DA-LP en woordvoerder oor gesondheid, het Donderdagmiddag so gesê toe sy die debat oor Suid-Afrika se gereedheid om die siekte te bestry, in die Nasionale Vergadering by die parlement geopen het.

“Alle voorkomingsmaatreëls moet nou getref word om die verdere verspreiding te verhoed en om dit so doeltreffend moontlik te behandel.”

Volgens Gwarube is spoedige optrede nou nodig.

Sy het bygevoeg dat alle regeringsplanne oor die virus nou deur die parlement as die hoofwetgewende liggaam moet gaan. “Dit kan nie eers in die media bespreek en daarna na die parlement gebring word nie.

“Nou is nie die tyd vir arrogansie deur die uitvoerende gesag nie. Dit is tyd vir verenigde en beslissende leierskap,” het Gwarube gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.