Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: 'Storm' van 2de vlaag in dié brandpunte byna uitgewoed

Dit blyk die koronavirus-storm van die tweede vlaag is besig om hom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, die aanvanklike brandpunte, uit te woed.

Dié provinsies, wat begin Desember die meeste nuwe koronavirusgevalle aangemeld het en tot brandpunte verklaar is, begin nou volgens data van die departement van gesondheid minder as 1 000 nuwe daaglikse koronavirusgevalle aanmeld.

Nuwe gevalle in die Wes-Kaap was reeds ’n paar keer onder die 1 000-merk.

Dit staaf Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, se stelling verlede week op ’n nuuskonferensie toe hy gesê het dié provinsie het sy piek bereik en verbygesteek. Winde en dr. Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, het egter hul bekommernis oor die Weskus uitgespreek en sê hierdie is die enigste distrik in die Wes-Kaap wat nog nie sy piek bereik het nie, maar dit kom “binnekort”.

24 jan

Die Oos-Kaap en die Wes-Kaap meld egter steeds relatief baie sterftes aan.

Die Oos-Kaap se sterftesyfer het die 10 000-kerf verbygesteek wat hom die eerste provinsie maak wat meer as 10 000 sterftes aangemeld het.

Die Wes-Kaap se 9 844 sterftes is ook baie naby aan die 10 000-kerf.

Die Wes-Kaap het op 11 Desember die 5 000-kerf verbygesteek, dus is byna 5 000 mense in die provinsie in die laaste ses weke dood.

Die aktiewe gevalle het ook in albei provinsies afgeneem, met die Oos-Kaap wat nou met 4 626 die tweede minste aktiewe gevalle het.

Die Wes-Kaap (25 901) het naas KwaZulu-Natal (48 482) steeds die tweede meeste aktiewe gevalle in die land.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) meld die Wes-Kaap en die Oos-Kaap nou van die laagste nuwe koronavirusgevalle per 100 000 mense aan.

Met die nuwe gevalle meld die Oos-Kaap 4,7 nuwe gevalle per 100 000 mense aan en die Wes-Kaap 11,1 nuwe gevalle per 100 000 mense.

Meer oor:  Gesondheid  |  Koronavirus  |  2De Vlaag  |  Brandpunte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.