Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Tafel nog nie gedek vir ‘familie-vergadering’

Almal hou asem op oor wanneer pres. Cyril Ramaphosa die nasie gaan toespreek, hoewel die proses wat gevolg moet word voordat dit gebeur, nog nie plaasgevind het nie.

Voordat wysigings aan die inperkingsmaatreëls aangebring word, sal die Covid-19-bevelsraad vergader om aanbevelings daaroor te doen. Dit sal opgevolg word deur ’n vergadering van die kabinet, wat die wysigings amptelik moet goedkeur.

Hoewel Ramaphosa vandeesweek gesê het die bevelsraad sal oor ’n strenger inperkingsvlak vergader, het Phumla Williams, direkteur-generaal van regeringskommunikasie- en inligtingstelsels, Donderdag bevestig dat geen vergadering van die bevelsraad of die kabinet nog belê is nie.

Hoewel dit onduidelik is wat die rol is van die presidensiële koördineringsraad oor Covid-19, wat uit onder andere premiers bestaan, het dié raad nog elke keer vergader kort voordat Ramaphosa die nasie toegespreek het.

Netwerk24 het Donderdag van ’n betroubare bron verneem dat ’n vergadering van dié raad nog nie geskeduleer is nie.

Sedert die staat van inperking verlede jaar ingestel is, is dit onduidelik wie almal bydraes aan die bevelsraad lewer voordat hy sy aanbevelings doen.

Regeringswoordvoerders het in die verlede teenstrydige inligting daaroor verskaf.

Daar is al gesê dat die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (Natjoints) en die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 betrokke is.

Luni Mthsali, woordvoerder vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het nog nie op navrae gereageer om duidelikheid te gee nie. 

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Covid-19  |  Familievergadering  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.