Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: Thaba Nchu-hotel dalk plek van kwarantyn vir SA’ers
Die Black Mountain-oord en -hotel by Thaba Nchu.

Hoewel Cosatu glo in ’n brief aan sy lede geskryf het die 151 Suid-Afrikaners uit Wuhan sal by die Black Mountain-hotel in Thaba Nchu in kwarantyn gehou word, is daar geen amptelike bevestiging hiervan nie.

Nie die hotel self óf die regering en die weermag kon of wou dit bevestig nie.

The Citizen het wel Dinsdag berig Monyatso Mahlatsi, provinsiale sekretaris van Cosatu, het in ’n nuusbulletin geskryf die Suid-Afrikaners sal by dié hotel, 80 km oos van Bloemfontein, vir 21 dae in kwarantyn geplaas word.

Mahlatsi rig ook glo ’n versoek in sy brief aan die vakbond Saccawu om te verseker dat Cosatu se comrades met die bestuur van die hotel vergader om te verseker dat Cosatu-lede nie deur die virus geraak sal word nie.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, sê hoewel hy bewus is van die brief, kan hy “in alle eerlikheid” nie sê of die Black Mountain-hotel die besliste plek van kwarantyn is nie.

Volgens ’n plaaslike radiostasie was daar teen Woensdag nog geen teken van voorbereidings om as plek van kwarantyn te dien nie en is die landingsblad skaars geskik vir ’n helikopter.

Volgens ’n plaaslike radiostasie was daar teen Woensdag nog geen teken van voorbereidings om as plek van kwarantyn te dien nie en is die landingsblad skaars geskik vir ’n helikopter.

Popo Maja, woordvoerder van die nasionale departement van gesondheid, sê daar is nog nie op ’n fasiliteit vir die Suid-Afrikaners besluit nie.

Ook Siphiwe Dlamini, weermag-woordvoerder, sê hy kan nog nie bevestig waar die Suid-Afrikaners vir die 21 dae gaan woon nie.

Daar was vroeër gerugte dat die 3 Militêre Hospitaal in Tempe vir dié doel voorberei word, maar dit was as deel van ’n multidissiplinêre uitvoering in opdrag van pres. Cyril Ramaphosa om die Suid-Afrikaners te repatrieer.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagoggend gesê die Suid-Afrikaners, wat die “volgende paar dae” uit Wuhan na die land teruggebring gaan word, nie Covid-19 opgedoen het nie.

Hy het gesê die groep Suid-Afrikaners sal met hul aankoms vir 21 dae in kwarantyn wees voordat hulle in die samelewing toegelaat sal word.

Volgens hom is dit net om hulle te toets en waar te neem, en nie omdat enigeen van hulle siek is nie. Dertien hospitale is reeds gereed om noodbehandeling toe te pas indien enigiemand in die groep positief vir die virus toets.

Meer oor:  Covid-19  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.