Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-gevalle in Bfn in tuiskwarantyn
Marisa Pretorius, ’n verpleegster by Van Rensburg/Lancet Patoloë in Bloemfontein, en dr. Madeleine Pieters, ’n mikrobioloog by dieselfde patoloë. Foto: Mlungisi Louw

Die twee mense wat vandeesweek in Bloemfontein positief vir die gevreesde Covid-19-virus getoets is, is albei in tuiskwarantyn.

Netwerk24 verneem die twee mense, een in sy of haar 30’s en die ander tussen 60 en 70 jaar oud, is in tuis-isolasie en herstel goed.

Albei is Woensdag positief vir die virus getoets.

Een van hulle het sowat ’n week gelede uit Italië teruggekeer huis toe en die ander persoon het geen geskiedenis van reis nie.

Intussen raai dr. Madeleine Pieters, ’n mikrobioloog by Van Rensburg/Lancet Patoloë in Bloemfontein, mense aan om hulle vir die virus te laat toets as hulle kontak gehad het met mense wat siek is of as hulle gereis het en self siek voel.

“Ons wil graag hê net mense met simptome moet hulle laat toets. Dit is van belang dat indien jy onlangs gereis het, jy jouself vir 14 dae isoleer en tuis bly. Indien jy in dié tyd simptome toon, is dit belangrik om ’n geneesheer te spreek.”

Pasiënte sonder enige simptome moet hulle nie laat toets nie, aangesien vals-negatiewe resultate gevaarlik is en die toetsvoorraad beperk is.

Pieters sê hulle wil graag hê mense moenie paniekerig en bang raak nie en hulself met inligting oor die virus bemagtig.

Sy benadruk dat pasiënte sonder enige simptome hulle nie moet laat toets nie, aangesien vals-negatiewe resultate gevaarlik is en die toetsvoorraad beperk is.

Dié patoloë bied ook sedert Maandag ’n inry-toetsdiens in Pres. Steynstraat 68 aan, waar ’n pasiënt met ’n verwysing van ’n geneesheer vir die virus getoets kan word.

Dié inrysentrum is die eerste in sy soort in die Vrystaat.

Wat dié toetsstasie uniek maak, is dat pasiënte nie hul voertuig hoef te verlaat nie.

Volgens Nellie Smit, streekbestuurder by die patoloë, word net die venster van die voertuig oopgemaak om die ondersoek uit te voer.

Die wagperiode vir dié toets is tussen 48 en 72 uur, waarna die verwysende dokter van die uitslae in kennis gestel word.

Die koste verbonde aan die toets is R990, wat kontant betaal moet word.

Smit sê sommige siekefondse dek die toets, maar net as dit positief is. Pasiënte moet self by hul fonds navraag doen om uit te vind of die toetse gedek word.

Meer oor:  Italië  |  Bloemfontein  |  Toetsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.