Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-gevalle in W-Kaap styg veral onder jonges

Data vir Oktober dui daarop dat die meeste nuwe koronavirusinfeksies in die Wes-Kaap onder veral jong mense voorkom.

Dr. Saadiq Kariem, van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê wanneer daar na data vir Oktober op provinsiale vlak gekyk word, dui dit daarop dat die meeste nuwe gevalle in die ouderdomsgroep 21 tot 25 jaar oud aangeteken is, gevolg deur die groep 26 tot 30 en dan 31 tot 35 jaar.

“Ons sien veral onder jong volwassenes ’n toename in infeksies en dit sluit ook leerlinge tussen 16 en 20 in.”

Kariem het Donderdag gesê dit kan toegeskryf word aan voorvalle soos dié by ’n klub in Claremont waar jong mense en leerlinge die virus opgedoen het. Volgens hom kan 109 infeksies reeds regstreeks met die kroeg-uitbreking verbind word.

Die departement het aangedui dat kleiner uitbrekings wat in Beaufort-Wes en Laingsburg en in Matzikama aan die Weskus aangemeld is, ook tot die styging bygedra het.

“Ons is dit eens dat die gevalle in die Wes-Kaap toegeneem het, en het gesien dat dit met een of twee groot uitbrekings verband hou,” sê hy.

Hy sê egter dat die data wisselvallig kan wees en dat hulle eerder een week met ’n ander vergelyk om by die ware syfers uit te kom. Volgens hom is dit baie belangrik dat wanneer data verkry word, daar in ag geneem moet word watter week se data gebruik word.

Volgens Kariem was daar ’n weeklikse styging van

13,65% in die nuwe gevalle wat aangemeld is.

Kariem sê hulle het ’n veelvuldige benadering om infeksies in die provinsie te beperk.

“Dit begin met goeie waarneming. Nadat ons ’n moontlike uitbreking geïdentifiseer het, het ons plaaslike spanne wat help om dit te beperk en ons het ’n omvattende reaksieplan.”

Vroeër is berig dat die klub Tin Roof in Claremont van 1 tot 3 Oktober ’n geleentheid aangebied het. Die eienaars betwyfel dit egter dat die virus daar versprei het, omdat van die besoekers aan die klub in dié tyd ook private partytjies bygewoon het.

Die koronavirusgevalle in die Wes-Kaap.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Covid-19  |  Gesondheid  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.